Nicol slaan wêreldrekord in styl
Krieket
Kunstige kolfvernuf en kragtige mokerwerk was in gelyke mate uitgestal toe die Namibiese kolwer Nicol Loftie-Eaton gister die wêreldrekord agter sy naam laat skryf het vir die vinnigste honderdtal nóg in ’n internasionale T20-krieketwedstryd.
Loftie-Eaton het hierdie mylpaal van net 33 balle behaal. ’n Bykomende T20I-rekord is dat sy honderdtal altesame 92 lopies in grenshoue bevat het (elf viere, agt sesse).
Die bonkige linkshandige kolwer se repertoire van kriekethou het verskeie veeghoue, omgekeerde veeghoue, deflekterings en skephoue (scoops) benewens die meer tradisionele trekhoue en dryfhoue ingesluit. Wanneer hy nie die bal deur nouliks sigbare gapings in die veld gestuur het nie, het hy met kragtige tydsberekening die sesse oor die grenstou laat vlieg.
“Sorrie, maar wat?!!? Verbeel jou, jy stap in die 11de boulbeurt in as nommer vyf – en jy teken ’n honderdtal in ’n T20 aan,” het die gewese Nederlandse kaptein Peter Borren agterna in bewondering getwiet.
Die wedstrydverslag van Namibië se oorwinning met 20 lopies teen ’n vegtende Nepal is op bladsy 4 van Sport Wrap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie