Nestor glo nie Energy verloor teen Casimero

Boks
Tielman Van Lill
John Riel Casimero van die Filippyne is Saterdagaand in Manila by die Okada Manila Hotel as die nuwe globale superkapokgewigkampioen (55 kg) van die Wêreldboksorganisasie (WBO) bekroon.

Die 34-jarige Casimero (33 oorwinnings, 4 verloor, 22 KO’s) het Namibië se Fillipus “Energy” Nghitumbwa met ’n eenparige puntebeslissing oor twaalf rondes oorskadu.

Die beoordelaars Danrex Tapdasan en Yuji Fukuchi het die geveg met 114-112 aan Casimero toegeken, terwyl Martino Redona gereken het 116-110 is meer gepas.

Die onervare Energy (nou met 12 oorwinnings en twee nederlae, 11 uitklophoue) het al sy vorige beroepsgevegte in Namibië afgehandel in vergelyking met Casimero wat sedert sy beroepsdebuut in 2007 reeds ’n magdom ondervinding in plekke soos Nicaragua, Mexiko, Suid-Afrika, Panama, Bangkok, China, Brittanje, die VSA en Suid-Korea opgedoen het.

Indien die Namibiër deur die omstandighede geïntimideer was, kan niemand hom blameer nie. Hoewel Nghitumbwa (27) met ’n effense lengtevoordeel in die kryt geklim het, het hy moeite ondervind om die korter Filippyn behoorlik by te kom.

Behalwe dat die Namibiër in die sesde ronde met ’n brutale linkerhaakhou vir die eerste keer in sy beroepsloopbaan neergevel is, het Nghitumbwa hom onder omstandighede goed van sy taak gewyt. Sekondes later het die klok hom ’n kans gegee om vir die sewende ronde te herstel. Hy het verder goed geveg, maar die gesoute Filippyn het meeste van sy houe skadeloos wind laat tref.

’n Punt is in die twaalfde ronde van Energy afgetrek vir ’n trefhou teen die agterkop. Dit was duidelik dat die Filippyn met die meeste skoon houe getref het om die meeste rondes en die geveg te wen.

Nestor Tobias van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie het gister in ’n nuusverklaring gesê: “Ek is steeds geskok dat Energy teen Casimero verloor het. Almal in die arena, insluitend die Filippynse toeskouers, was verstom.

“Casimero het baie min rondtes gewen en Energy het deurgaans oorheers, behalwe in die sesde toe hy platgeslaan was. Die punt-aftrekking was skokkend en is volgens my gedoen om Casimero te laat wen.

“Ongelukkig was die skeidsregter van die Filippyne; ek is seker ’n neutrale skeidsregter sou nooit ’n punt afgetrek het nie. Casimero het sekondes later dieselfde gedoen, maar hy het nie ’n punt verloor nie.

“Ons het hierheen gekom om te wen, maar dit het nie gerealiseer nie. Almal wat die geveg gesien het, weet wie die regte wenner is en dat die beste man verloor het.

“Casimero weet hy is behoorlik deur ’n veel beter vegter geklop. Ek is baie trots op Energy se vertoning in die vreemde teen ’n driemalige wêreldtitelhouer in drie gewigsklasse. Wat ’n aand van wêreldklas boks! Energy behoort trots op homself te wees. Hy sal nou nog groter gevegte met hierdie vertoning kry. Hy het niks om oor skaam te wees nie.

“Energy sal saam met SBK, sy afrigter, terugvlieg en ek sal van hier af na Las Vegas vertrek waar ek by Jeremiah Nakathila vir sy volgende geveg in die dobbelstad sal aansluit. Ek bedank graag al die ondersteuners vir hul ondersteuning.”

Energy het die globale WBO-superkapokgewigtitel op 16 Oktober 2021 in die hooftad teen Innocent Mantengu (32) van Suid-Afrika met ’n uitklophou in die tweede minuut van die sesde ronde gewen.

Hy het die titel laasjaar twee keer suksesvol verdedig. Hy slaan Said Chino (26) van Tanzanië in die eerste ronde uit (2:06) en Sabelo Ngebinyana (30) van Suid-Afrika stop hy met ’n tegniese uitklophou in die elfde ronde.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%