Nederland knip Eagles se vlerke

Krieket
Die groot prys is steeds binne die Namibiërs se bereik.
Andrew Poolman
Een van daardie ingrypende regruk-aksies waarvoor die Namibiese Eagles van kaptein Gerhard Erasmus en afrigter Pierre de Bruyn reeds ná vorige bloedneuse bekend geword het, word nou in hul aanslag op die T20 Wêreldbeker in Australië vereis.

Gister se naelskraapse en frustrerende nederlaag teen Nederland in Geelong – toe Namibië hul beskeie kolftelling van net 121/6 tot in die laaste boulbeurt so byna-byna suksesvol verdedig het – het sleg afgesteek in vergelyking met twee dae tevore se foutlose doeltreffende vertoning met kolf-, boul- en veldwerk.

Die uiteinde is dat die Eagles in môre se laaste wedstryd in kwalifiserende groep A teen die Verenigde Arabiese Emirate ’n oortuigende oorwinning sal wil behaal om seker te maak dat hulle na die WB-toernooi se Supertwaalf deurdring.

Baie is op die spel, want dié prestasie kan dalk vir die kwalifiseerders beteken dat hulle nie in uitduntoernooie vir die volgende Wêreldbeker (2024 in Wes-Indië en die VSA) betrokke hoef te raak nie.

De Bruyn en sy uitgelese tegniese hulpspan sal ongetwyfeld hul ontledingswerk doen om hetsy in personeel of in benadering die oplossings te vind vir gister se onvermoë om die kolftempo te versnel toe die nodig was.

Die Namibiërs was ooglopend sowat 15 tot 20 lopies kort van wat ’n wentotaal sou wees – ’n frustrerende verloop van sake omdat nie genoeg potensiële balle oorgelaat is aan die groter houeslaners David Wiese en/of JJ Smit om soos teen Sri Lanka in die laaste boulbeurte die krane oop te draai nie. Beide het eers in die 19de boulbeurt ingestap toe Frylinck en Erasmus beide uitgehaal is.

Moes Wiese of Smit dalk een posisie vroeër in die plek van Erasmus ingestuur gewees het, toe Stephen Baard ná 11.2 boulbeurte uitgevang is en die Eagles op 63/4 gestaan het?

Dit sal straks een van die vrae wees waaroor in die nabetragting besin sal word – tesame met die onvoldoende vertoning van die topordekolwers, bygesê.

Om Jan Frylinck dalk kwalik te neem dat hy nie in die laat boulbeurte die tempo hoër kon opjaag as die 43 lopies van 48 balle waarmee hy geëindig het nie, sou ook nie regverdig wees nie ná sy reddingswerk as kolwer nommer vyf wat op 32/2 ná 5.2 boulbeurte die bloeding moes keer nie.

Divan la Cock (0), Michael van Lingen (19) en Nicol Loftie-Eaton (0) is uitgehaal voordat Stephen Baard (19 van 22 balle) en later Erasmus (16 van 18 balle) saam met Frylinck gekolf het.

“Die kolfblad (reg langsaan die een waarop Sondag gespeel is) was totaal sonder gras en was ’n heeltemal ander ervaring vir die kolwer,” het Frylinck agterna in ’n nuuskonferensie verduidelik.

“Die spoed van die wip op verskillende kolle was onvoorspelbaar. As kolwers was ons evaluering van die situasie dat ons so lank as moontlik moet in bly, want vir ’n nuwe kolwer sou dit ’n goeie klompie balle neem om gewoond te raak,” het Frylinck gesê.

Frylinck sê hy is trots op die wyse waarop die Eagles tot die einde bly veg en so byna ’n oorwinning uit die kake van ’n nederlaag gegryp het. Een van die keerpunte was Erasmus se briljante direkte trefgooi om vir Max O’Dowd (35 van 35 balle) uit te hardloop, waarna Smit (twee keer, 2/24 in 4) en Frylinck ook met paaltjies toegeslaan het.

“Donderdag (teen die Emirate) sal vir ons ’n groot wedstryd wees. Ons sal ons ontledende huiswerk doen en van daar af hergroepeer. Dis nodig dat ons weer ’n perfekte vertoning in al drie aspekte van die spel lewer soos wat ons teen Sri Lanka gedoen het.”

Bas de Leede van Nederland is as speler van die wedstryd aangewys vir sy onoorwonne 30 lopies van 30 balle, 2/18 en twee vangskote.

• In gister se ander wedstryd het Sri Lanka (152/8) sy netto kolftempo laat herleef met sy reuse-oorwinning teen die Emirate (73 almal uit). Vir die Emirate het Karthik Meiyappan (3/19 in 4) die eerste driekuns van die toernooi behaal toe dit gelyk het asof Sri Lanka na ’n 180-totaal sou kon storm.

• Groep A se huidige stand ná twee wedstryde elk:

1 Nederland 4 punte, netto kolftempo +0.149.

2 Namibië 2 punte, NRR +1.277.

3 Sri Lanka 2 punte, NRR +0.600.

4 Emirate 0 punte, NRR -2.028.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%