Nederige Gerswin presteer in Frankryk
Hy het 12 maande gelede sy geliefde Rehoboth verlaat om sy talent in rugbykringe in Frankryk bloot te stel.
Gerswin Mouton was in 2022 saam met die senior nasionale rugbyspan toe hulle aan die kwalifiserende rondes van die Wêreldbekertoernooi deelgeneem het. Die Namibiese span het die knoop deurgehaak vir deelname aan die 2023 Wêreldbekertoernooi in Frankryk.
Gerswin het in drie wedstryde tydens die kwalifiserende rondes gespeel en een keer agter die doellyn van Zimbabwe gaan druk. Dié 25-jarige het ook ’n groot rol gespeel in die vertoning van die Namibiërs se vier wedstryde tydens die Wêreldbekertoernooi waar hy twee drieë gedruk het.
Dis by dié toernooi waar sy talent raakgesien en sy agent, Shafiek Mouton van Kaapstad, het met sy kontakte die deur verder vir Gerswin se loopbaan in Frankryk oopgemaak.
Die erkende FC Grenoble-rugbyklub het belangstelling getoon en in April verlede jaar kry Gerswin die goeie nuus van ’n geleentheid van ’n leeftyd om sy potensiaal by FC Grenoble in die Pro D2-liga ten toon te stel. Sy eerste wedstryd was teen Never Rugbyklub waar sy span aan die wenkant was en ’n groot deurbraak vir hom was, vertel Gerswin.
Daarna het FC Grenoble se ondersteuners gewoond aan die Namibiese seun geraak wat as vleuel en senter behoorlik amok gemaak het.
FC Grenoble het tot die finaal deurgedring, maar moes ongelukkig die knie buig teen die gedugte kombinasie van Montauban wat met 24-19 aan die wenkant geëindig het.
“Ek het in die finaal ’n kniebesering opgedoen en moes ná 20 minute die speelveld verlaat. Dit was vir my ’n groot teleurstelling,” erken hy.
Op ’n vraag wat vir hom die hoogtepunt in Frankryk was, sê Gerswin trots die 14 drieë wat hy tydens die seisoen gedruk het. Beslis ook die feit dat hy as die spelers se Beste Speler van die Seisoen gekies is. Hy is egter teleurgestel dat hy nie in die Welwitschias se kwalifiserende wedstryde vir die 2027 Wêreldbekertoernooi in Australië kan meeding nie.
“Ek sal oor vier weke moontlik volkome van die kniebesering herstel. Ek glo Namibië sal die knoop deurhak en vir die agste keer teen die wêreld se bestes opdraf.”
Daar is ’n moontlikheid van ’n nog groter prys wat in die skoot van Gerswin kan val wanneer beamptes in die Franse Liga die speler van die jaar bekend maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie