Nande wen Windhoek Ope met vier houe
Gholf
Die Windhoek-gholfklub het Saterdag en Sondag sy jaarlikse Windhoek Ope aangebied, wat vir die tweede jaar deur Ongos Valley geborg is.
Op ’n winderige naweek het die bewese plaaslike yster Likius Nande as kampioen na vore getree, deur met vier houe voor Stefanus Bonifatius te eindig.
Die Windhoek Ope is een van die toernooie waarin spelers om merietepunte van die Namibiese Amateurgholfunie (Nagu) meeding.
Altesame 94 spelers, insluitend vroue, het deelgeneem. Spelers in die A- en B-afdelings het 54 putjies oor twee dae gespeel (36 en 18) terwyl die C-afdeling net 36 putjies gespeel het (18 per dag).
Spelers het van Walvisbaai, Swakopmund, Tsumeb, Grootfontein, Oranjemund, Oshakati, Mariental, Omeya en Windhoek gekom om aan in die gesogte toernooi te speel.
Mnr. Toady Gurirab, die nuut verkose president van Nagu, het die klub se bestuur en gholfkomitees gelukgewens met die reëlings van ’n suksesvolle geleentheid.
Mnr. Inocencio Verde, namens Ongos Valley, het alle deelnemers gelukgewens, veral diegene wat van ver af gereis het. Hy het bevestig dat Ongos in 2024 weer die Windhoek Ope sal borg, wat met groot applous deur die spelers wat by die prysuitdeling begroet is.
Die gasheerklub het Ongos Valley bedank vir die ruim borgskap, insluitend etes en verversings op en van die baan.
Die voorste uitslae:
Algeheel beste bruto: 1 Likius Nande (71 + 73 + 67 = 211). 2 Stefanus Bonifatius (74 + 66 + 75 = 215).
Algeheel beste netto: 1 Sakeus Matheus (75 + 73 + 66 = 214). 2 Laban Malule (70 + 72 + 72 = 214).
A-afdeling beste bruto: 1 Neil Theron (219), 2 Edwin Kutara (219).
A-afdeling beste netto: Elias Mulombwelwa (217), 2 Justus Amutenya (221).
B-afdeling beste bruto: 1 Lukas Steven (242), 2 Mervin Nangolo (242).
B-afdeling beste netto: 1 Toady Gurirab (223), 2 Helmut Ndjendja (225).
C-afdeling beste bruto: 1 Wisdom Moyo (177), 2 Francois Grobler (178).
C-afdeling beste netto: 1 Heinrich Schmidt (135), 2 Lesley Neib (135).
Stableford, mans: 1 Andre Visser (77 punte), 2 Granworth Vries (72, uittel), 3 Johann Archer (72).
Stableford, vroue: 1 Frauke Kreitz (33), 2 Evelyn Paulino, 31, uittel).
’n Merkwaardige oomblik was Laban Malule se volmaakte gelukhou op die 13de putjie.
• Komende Saterdag en Sondag bied die Windhoek-gholfklub sy gewilde jaarlikse Toernooi van Kampioene aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie