Nande te sterk in klubtoernooi
Gholf
Die vernuf van Likius Nande was op vertoon toe hy die Windhoek Gholfklub se klubkampioenskap vir 2023 die afgelope Saterdag en Sondag beklink het. Die kompetisie is deur ABInbev geborg.
Die veld van 56 spelers het aangegroei teenoor die 44 van verlede jaar.
Ná 18 putjies Saterdag en 18 Sondag is die trofee as klubkampioen aan Nande (’n gereelde toernooiwenner op die plaaslike toneel) oorhandig, terwyl Sesilia Nkoshi die vrouekompetisie gewen het. Die junior wenner was Stefan Bergh.
Die voorste uitslae:
Algeheel beste bruto (kampioen): Likius Nande (141)
Algeheel beste netto: Ester Emvula (140, uittel).
A-afdeling beste bruto: Charles Lohmann (146)
A-afdeling beste netto: Alfie Ndyenge (141)
B-afdeling beste bruto: Travor Mabugu (166)
B-afdeling beste netto: Monty Rukoro (141)
C-afdeling beste bruto: Aldo Beukes (173)
C-afdeling beste netto: Paul Grobler (144)
Vroue beste bruto (kampioen): Sesilia Nkoshi (196, uittel)
Vroue beste netto: Claris Chipfupa (140).
Junior wenner: Stefan Bergh (171).
Die twee pryse vir houe naaste aan die pen is deur Francois Grobler (putjie 9) en Peter Nghinyotwa (putjie 13) ingepalm.
• Volgende by die Windhoek Gholfklub is die Kunene Catering Services Gold Cup wat Saterdag en Sondag gespeel word. Die Gold Cup is een van die Namibiese Amateurgholfunie (Nagu) se toernooie wat punte vir die nasionale merietelys tel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie