Namibiërs begin Epic naby voorpunt
Bergfietsry
Die 22-jarige Namibiese bergfietskampioen Alex Miller het gister in sy Absa Cape Epic-debuutverskyning saam met sy Suid-Afrikaanse spanmaat Phillip Buys die gesogte rooi trui as die voorloper-Afrika-span aangetrek ná die 27 km-proloog noord van Kaapstad.
Miller en Buys (PYGA Euro Steel-span) was 111 sekondes stadiger as die proloog se wenners Matthew Beers (RSA) en Christopher Blevins (VSA).
Die formidabele Switserse paar Nino Schurter en Andri Frischknecht was die tweede vinnigste, met sewe sekondes verskil. Verlede jaar se verrassende manskampioene van Duitsland, George Egger en Lukas Baum, was derde (+45 sekondes).
Die voorste Afrika-spantrui in die UCI elite vroueklas word vandag ook deur Namibië se Vera Looser en Kim Le Court van Mauritius gedra.
Dié paar, wat by die vorige naweek se Kaapstad-padfietstoer onderskeidelik tweede en eerste was, was slegs sewe sekondes stadiger as die wenners Sofia Gomez Villafane (Argentinië) en Katerina Nash (Tsjeggiese Republiek).
Le Court het agterna aan ons kollega Arrie Hougaard gesê: “Ek dink ons het beter gevaar as wat ons verwag het. Ek en Vera is regtig beskeie van aard en glo nooit in onsself soos ons moet nie. Ons het wel hoop gehad om die podium te bereik, maar dis ook goed om nie die span in die kollig te wees waarop alle teenstanders vir elke beweging gefokus is nie.”
Looser het uitgewys dat die topdrie spanne redelik gelyk in sterkte voorkom. “Dit gaan ’n opwindende week van fietsry wees. Ek was die laaste twee dae baie senuweeagtig oor die onbekende en ek kon nie wag vir die wedren om te begin nie.”
Die Cape Epic (totaal 648 km) begin amptelik vandag met die eerste skof van 98 km op pad na Hermanus, wat 2 550 vertikale klimmeters insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie