Spelers van FNB Reho Falcon tydens hul onlangse prysuitdeling op Rehoboth. Foto Boet Matthews
Spelers van FNB Reho Falcon tydens hul onlangse prysuitdeling op Rehoboth. Foto Boet Matthews

Mylpaal motiveer Reho Falcon

Klubrugby
Boet Matthews
FNB Reho Falcon bereik in Februarie 2023 sy 30ste bestaansjaar en die spelers en nuut verkose bestuur van die trotse rugbyklub is dus oorgehaal om ’n gedenkwaardige ligaseisoen bymekaar te sit.

Die klub van Rehoboth het onlangs sy jaareindfunksie en prysuitdeling gehou danksy insette deur sy hoofborg FNB Namibia en anonieme individuele weldoeners.

Altesame 18 mans en vroue is ook bekend gestel wat vir die volgende drie jaar as uitvoerende bestuurslede dien.

Die nuut gekose voorsitter, die ervare Ettiene Coetzee, het reeds in 2003 die leisels vasgehou en is dus goed vertroud met die taak wat voorlê.

Coetzee het aan Republikein gesê: “Ons het groot planne om Reho Falcon weer hoogtes te laat bereik en in ’n wenkombinasie te ontwikkel. Koppe word ook bymekaar gesit om klubs uit ander dele van Afrika te nooi vir mededinging in die toernooi vri ons 30-jarige gedenkvieringe.”

Een van die nuut gekose bestuurslede, Annelize Dunn, het Falcon se spelers gemotiveer.

“As moontlike beroepspelers moet julle in gedagte hou watter verskil en impak julle in die gemeenskap en jongmense se lewens kan maak.

“Ons glo julle kan dalk in die beste Reho Falcon kombinasie nóg ontwikkel en dan sal die gemeenskap en die jonger geslag nog meer na julle opsien. Ek het tydens die prysuitdeling gesien dat Reho Falcon met ’n jeugdige kombinasie spog en dat julle dalk net die inspuiting mag wees waarna ons die afgelope jare uitgesien het.”

Reho Falcon se toekennings vir 2022:

Sportman van die jaar: Franklin Karigub.

Speler van die jaar: Enrique Husselmann.

Spelers se speler van die jaar: Dillon Kahman.

Grootste impak vir die eerstespan: Edmando Coetzee.

Beste voorspeler vir die eerstespan: Duane Alexander.

Beste agterspeler vir die eerstespan: Ronaldo de Klerk.

Grootste impak vir die tweedespan: Micheal Louw.

Beste voorspeler vir die tweedespan: Lee-Roy Visagie.

Beste agterspeler vir die tweedespan: Brayton Snyders.

Junior speler van die jaar: Gunther Farmer.

Beste vordering: Daymeen Bezuidenhout.

Mees lojale speler: Malachi van Wyk.

Mees toegewyde speler: C.E. Alexander.

Voorsitterstoekenning: Armando Coetzee.

Spesiale toekenning: Brain Bayer.

Ondersteunerstoekennings: JP Cloete, JE Coetzee, JD Loxton.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer