Moedige Nigerië slaag met ‘n sege
Krieket
Nigerië (140/7 in 18.4) het Tanzanië (139/7 in 20) gisternamiddag by United met drie paaltjies geklop vir hul eerste sege in die ICC T20 Wêreldbekeruitduntoernooi.
Tanzanië het tot dusver al vier sy wedstryde verloor.
Nigerië het nie juis uitblinkers met die kolf gehad nie. Joseph Adedeji het 24 van 26 balle aangeteken, met die 17-jarige Prosper Useni se 31* van 19 die hoogste.
Nigerië se Isaack Okpe (2/36 in 4), Sylvester Okpe (2/21 in 4) en Ridwan Abdulkareem (2/13 in 3) was bestendig met die bal in die hand.
Abhik Patwa was met 52 (40 b) Tanzanië se anker, aangevul deur sy aanvangsvennoot Ivan Selemani met 26 (22 b) as die tweede hoogste telling.
Vir Tanzanië is die meeste paaltjies is deur Salum Ally (2/26 in 3.4) en Ally Kimote (2/20 in 3) geoes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie