MMA soek sy eie federasie in Namibië

Gevegsport
Onderlinge struweling tussen die administrateurs van skopboks en MMA is na die voorgrond gedwing.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Skopboksfederasie (NKF) het die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat toe dié beheerliggaam op 9 Januarie aangekondig het dat hy met onmiddellike effek as lid van die Internasionale Gemengde Gevegsportfederasie (IMMAF) bedank het.

Die amptelike dokument uit die NKF-kantoor op Walvisbaai is deur Anita de Klerk (NKF-president), Jackeline Sass (sekretaris-generaal) en J.I. Gouws (visepresident) onderteken.

Die skrywe op ’n briefhoof van die NKF lees soos volg: “Volgens artikel 11 van die IMAFF 2021-statuut wat op 13 Februarie 2021 gepubliseer is, wil die NKF alle affiliasies (al sy lede) in kennis stel van sy bedanking as ’n Federasie uit die huidige IMMAF (International Mixed Martial Arts Federation) lidmaatskap met onmiddellike effek.

“Ons glo dit is in die beste belang van die NKF en die MMA-sport in Namibië en wens die volgende Federasie toe om beheer van die MMA-sport in Namibië te neem in hul toekomstige pogings en bied ons ondersteuning aan, waar moontlik.”

De Klerk het by navraag aan Limba Mupetami van ons susterkoerant Namibian Sun geantwoord: “Jy kan my aanhaal. Die Namibiese Skopboksfederasie het uit die IMMAF bedank. Enige ander gevegskuns wat by die NKF geaffilieer is, sal nie deur hierdie bedanking geraak word nie.

“Die NKF is bekommerd dat misleidende inligting voortydig aan die publiek bekend gemaak is aangesien besluite nog nie met dié Federasie gefinaliseer is nie.

“As sodanig wil ons almal die versekering gee dat ons tot gevegskuns in Namibië verbind bly. Ons onlangse noemenswaardige prestasie van affiliasie by die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, behoort aan Namibië se mense die versekering te gee dat ons voornemens steeds is om beide die sport en atlete van Namibië te kweek.

“Sodra ’n finale besluit oor MMA in Namibië geneem is, sal ons ’n amptelike verklaring verskaf om duidelikheid te gee,” het De Klerk per WhatsApp laat weet.

Carlos de Sousa, eienaar en afrigter van Sousa MMA Studio in Windhoek het verskeie vegters wat volgende week na Serwië se hoofstad Belgrado vir deelname aan die IMMAF amateurwêreldkampioenskap vertrek. Sousa MMA Studio was ’n lid van die NKF.

Die bedanking van De Klerk se NKF uit die IMMAF, sal egter nie die Namibiërs se deelname in Belgrado stopsit of belemmer nie.

De Sousa het wel op 27 Januarie aan Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie (NSC), ’n skrywe gerig nadat dokumentasie vir hernuwing van lidmaatskap by die NKF ontvang is.

“Sousa MMA Fitness Studio bring graag hierdie dringende saak onder u aandag. Ons almal is op 9 Januarie 2023 ingelig dat die NKF uit die IMMAF en enige MMA-sport of verwante sake in Namibië bedank het.

“Vandag is ons deur die NKF ingelig dat Sousa MMA Studio skielik weer onder die NKF val. Lidmaatskapvorms en kontrakte is ontvang om te onderteken en voor spertye met betalings in te dien.

“Hiermee wil ons graag uitvind onder watter Namibiese wetgewing kan ’n nasionale federasie uit ’n wêreldliggaam (IMMAF) en die NSC of sambreelliggaam (MMA) bedank, en dan voortgaan of hulself heraanstel om in beheer van daardie spesifieke sportsoort te wees?

“Terwyl Sousa MMA Fitness Studio by die NKF geaffilieer was, het ons nie die nodige steun of dienste soos vereis van die NKF ontvang nie.”

De Sousa meld in sy skrywe dat ’n buitelandse burger Namibiese kleure vir skopboks van die NKF ontvang het. Hy sê ’n byeenkoms is deur die NKF aangebied wat tot kansellering van gevegte 30 minute voor die gevegstyd, grootskaalse verwarring en geen deelname vir MMA-vegters in ’n bokskryt gelei het.

Geen, of swaarder, teenstanders is vir De Sousa se atlete voorgestel. ’n Suid-Afrikaner wat glo met ’n vakansievisum in Namibië kom werk en vir die toernooi goedgekeur is, is deel van De Sousa se besware aan Mwiya. Atlete moes ook toegangsgeld opdok om aan die NKF-kompetisie deel te neem.

De Sousa het aan Republikein gesê: “Ons aansoek is by die NSC ingedien om ’n MMA-federasie te registreer. Dié formaliteit sal afgehandel word sodra ons van Belgrado terugkeer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042