Met Vikapita Meroro se kondisionering nie meer van die beste nie, soos op die foto in November 2018, word sy verskynings in die kryt die afgelope jare meestal deur sy landgenote gekritiseer. Foto Andrew Poolman
Met Vikapita Meroro se kondisionering nie meer van die beste nie, soos op die foto in November 2018, word sy verskynings in die kryt die afgelope jare meestal deur sy landgenote gekritiseer. Foto Andrew Poolman

Meroro beweeg nader aan ’n soort rekord

Boks
Andrew Poolman
Die 37-jarige Namibiër Vikapita Meroro is bestem om in die hoofgeveg betrokke te wees wanneer hy môreaand in Albanië se hoofstad Tirana teen die gasheerland se Nelson Hysa deur die kryttoue klim.

’n Betreklik minderwaardige kampioengordel sal tussen die twee veterane op die spel staan – met Hysa (38) selfs ’n jaar ouer as sy Afrika-dansmaat om oor agt rondes die nuwe houer van die vakante “internasionale” swaargewigtitel van die Universele Boksorganisasie (UBO) te bepaal.

Meroro was in sy jonger en beter dae die WBO Afrika-titelhouer as ligswaargewig (maksimum 79.4 kg) in 2010 en 2011 en drie jaar later ook kortstondig in die junior swaargewigklas (tot 90.7 kg).

Nadat Meroro reeds in 2005 die professionele bokskryt betree het, het hy hom opgewerk om afsprake in die buiteland met gerekende vegters soos Juergen Braehmer van Duitsland, Briamah Kamoko van Ghana, Isaac Chilemba van Tanzanië van Malawi, Dmitri Koedriashof en Maxim Wlasof van Rusland en Kevin Lerena van Suid-Afrika te beklink.

In geen van dié gevalle kon die Namibiër egter die trap na die wêreldvlak bestyg nie. En vir bykans die laaste dekade is Meroro net ’n skaduwee van die vegter wat hy eens was.

Hoewel hy van sy laaste string gevegte net een uit ses, twee uit tien en drie uit 14 kon wen, het hy steeds aktief gebly om meestal in Oos-Europese lande as ’n ingevoerde opponent (in sommige gevalle, ’n slaansak) vir die bestemde gunstelinge beskikbaar te wees.

Met sy kondisionering ook nie meer van die beste nie, word sy verskynings in die kryt die afgelope jare meestal deur sy landgenote gekritiseer.

Die Albaniër Nelson Hysa het sover net ses beroepsgevegte agter die blad, maar het elkeen gewen (vier met uitklophoue) teen betreklik ervare opponente. As amateur het hy minder sukses beleef, hoewel sy paaie onder meer met die gedugte Bulgaar Kubrat Pulev gekruis het.

AANTAL GEVEGTE

’n Moontlike nasionale rekord kan eersdaags in Meroro se visier wees – hoewel sy loopbaan nie dieselfde hoogtes as die betrokke landgenoot bereik het nie.

Met môreaand se geveg in Albanië beweeg Meroro (30 gewen, 15 verloor) nader aan die uitgetrede voormalige WBA liggewigwêreldkampioen Paulus (Hitman) Moses se totale aantal beroepsgevegte.

Moses (40 gewen, 7 verloor) se aantal oorwinnings in die geldkryt sal egter nog vir vele jare buite die bereik van enige landgenoot bly.

Bethuel (Tyson) Ushona (36-10) en die gewese wêreldtitelhouers Harry Simon Senior (31-0), Paulus Ambunda (27-3) en Julius Indongo (24-7) is reeds uitgetree en die steeds aktiewe Jeremiah Nakathila (23-2) is op 33-jarige leeftyd goed op koers om sy voet in die deur vir ’n wêreldtitelgeveg te kry.

• Die wêreldrekord vir meeste beroepsgevegte: Len Wickwar (Brittanje, meestal liggewig), 473 gevegte van 1928 tot 1947, met 340 oorwinnings en 94 uitklophoue.

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%