Mboma sal nie Pretoria haar basis maak
Atletiek
Mnr. Henk Botha, afrigter van Christine Mboma, het in ’n nuusvrystelling verklaar dat die tienerjarige Olimpiese silwermedaljewenner nie deur Hennie Kriel in Suid-Afrika afgerig gaan word nie.
Botha sê: “Eerstens wil ek die volgende mense en instansies spesiaal vir hul volgehoue ondersteuning bedank. Die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, Atletiek Namibië, die Janine & Suzelle Davin-sporttrust asook die Namibiese mense.
“Ek kan bevestig dat ek steeds die afrigter van Christine Mboma is en dat daar geen aanduiding is dat sy in die toekoms by enige ander afrigter sal aansluit nie.
“Ons grootste bekommernis tans is Christine se gesondheid en daarom het ons ’n tweede opinie oor haar besering van plaaslike en internasionale mediese spesialiste gekry. Die span spesialiseer in dié spesifieke tipe besering en sal haar in die herstelproses bystaan.
“Beatrice (Masilingi) het aangedui dat sy in Pretoria wil bly, en ek neem aan sy sal deur Hennie Kriel afgerig word.
“Ons respekteer die besorgdheid wat die media en die publiek vir beide Christine en Beatrice getoon het. Beide atlete is jonk en moet op hul loopbane konsentreer om Namibië internasionaal te kan verteenwoordig.
“Ek en Christine sal dus die sage agter ons plaas en vorentoe beweeg.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie