Mathie vol lof vir Namibië se ysterflank
Rugby
Die Namibiese flank Wian Conradie se inklimspel kan hom ’n sleutelspeler maak vir die Biltongboere in die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat volgende maand in Frankryk begin.
Dis die mening van Scott Mathie, afrigter van die New England Free Jacks, die Amerikaanse klubspan vir wie Conradie (28) speel.
Dié span het vanjaar die eerste keer daarin geslaag om die Major League Rugby (MLR)-reeks te wen.
“Wian het ’n groot invloed op ons sukses in die kompetisie vanjaar gehad. Hy is regtig ’n goeie baldraer en sy verdediging is ook baie goed,” sê Mathie, wat vandeesweek gepols is oor Conradie.
“Sy fisiekheid is van die beste. Ek dink hy is een van daardie flanke wat ’n mens baie op die veld bied. Sy invloed op die span was beslis baie groot en hy was konstant ’n faktor wat sy fisiekheid betref.”
Conradie, ’n boorling van Windhoek, is ná afloop van die MLR vereer met die toekenning as die voorspeler van die reeks.
Volgens ’n verklaring het hy 216 keer die bal onder die arm gehad en 234 duikslae uitgevoer. Beide hierdie syfers het hom onder die toptien in die reeks geplaas – die enigste speler wat op beide toptienlyste verskyn het.
Die voormalige Varsitybekerspeler vir UJ was ook die New England Free Jacks se speler van die seisoen – met sewe drieë in 16 wedstryde.
“Ek dink sy grootste pluspunt is dat hy ’n uitsonderlike verdediger is. Hy voer omtrent 16 duikslae in ’n wedstryd uit en dit gebeur baie min dat hy enige verbrou. Baie van die duikslae wat hy uitvoer, is dominerend,” sê Mathie, wat tevore Griekwas afgerig het.
“Hy kry homself in ’n goeie posisie om duikslae uit te voer. Dis daardie tipe fisiekheid wat hy ook uitstal wanneer hy die bal dra.”
Dit sal vanjaar die derde keer wees dat Conradie, wat in 2015 sy toetsbuiging gemaak het, in ’n WB-toernooi in aksie sal wees.
Die Namibiërs is saam met Nieu-Seeland, Frankryk, Italië en Uruguay in groep A vir die skouspel, wat op 8 September in Frankryk begin.
Namibië se eerste wedstryd is op 9 September teen Italië in Saint-Étienne.
– Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie