Marietjie eet 98 km vir bergbrêkfis
Ultrawedlope
Die Windhoeker maak opgang in ultra-byeenkomste.
Deelnemers aan die Mountain Ultra Trail-bergwedlope (MUT) het Saterdagoggend vyfuur weggespring om die Outeniekwa-berge by George se Tuinroete in die Wes-Kaap te trotseer.
Marietjie du Plessis van Windhoek wat die 98 kilometer-ultra-afstand deur die berge aangedurf het, het net voor middernag in 18 ure 58 minute 48 sekondes die eindpunt van haar avontuur bereik. In die proses het sy net meer as vyf kilometer vertikaal die lug ingeklim.
Du Plessis het algeheel 30ste geëindig en was die sewende vrou oor die eindstreep. Sy is ook die vierde vinnigste vrou in haar afdeling, teem gemiddeld 5.21 kilometer per uur.
Die MUT-byeenkoms, wat deel van die UTMB-wêreldreeks is, word jaarliks met verskillende afstande in die Outeniekwa-berge by George gehou.
Vir die hardebaarde is daar opsies oor 165 of 98 km. Minder waaghalsige langasems kan kies om 59 km, 42 km en 25 km te voltooi.
Kim Schreiber van Duitsland en Johardt van Heerden van Suid-Afrika het in die 59 km-afdeling nuwe baanrekords behaal. Bianca Tarboton van Suid-Afrika het die derde rekord van die kompetisie in die marathon aangeteken.
Die voorste uitslae:
165 km vroue: 1 Sylvie Scherzinger (38:45:24), 2 Colleen Browne (42:32:35).
165 km mans: 1 Ryan Sanders (21:46:32), 2 Douglas Pickard (22:54:50), 3 Gabriel Kriel (23:56:07).
98 km vroue: 1 Tarrin van Niekerk (15:02:39), 2 Kelly Freeth (15:14:00), 3 Sveta Becker (15:34:33).
98 km mans: 1 Bruce Arnett (13:39:13), 2 Michael Molyneaux (13:49:40), 3 Guido Tagge (14:20:40).
59 km vroue: 1. Kim Schreiber (7:19:18, nuwe rekord), 2 Jada Linstrom (8:03:56), 3 Samantha Reilly (8:09:04).
59 km mans: 1 Johardt van Heerden (5:55:18, nuwe rekord), 2 Jeshurun Small (6:15:32), 3 Mvuyisi Gcogco (7:04:27).
42 km-marathon vroue: 1 Bianca Tarboton (4:36:55, nuwe rekord), 2 Rebecca Kohne (5:16:12), 3 Sumé van Heerden (5:25:08).
42 m mans: 1 Iain Peterkin en Jacques Buys (4:31:00), 3 Rikus Saayman (4:43:32).
25 km-uitdaging vroue: 1 Lijan van Niekerk (2:25:57), 2 Vicky Welham (2:36:20), 3 Nadine van Driel (2:43:18).
25 km mans: 1 Anderson Ncube (2:01:22), 2 Christiaan van den Heever (2:05:17), 3 Ruben Dlepu (2:21:33).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie