Mans opgewonde oor Gravel & Dirt se Omaruru-debuut
Bergfietsry
Meer as 150 deelnemers word die naweek op Omaruru verwag.
Die stille Omaruru sal hierdie Saterdag vir die eerste keer die immergewilde Gravel & Dirt-bergfietsreeks verwelkom, wat deur Hollard Namibië moontlik gemaak is.
’n Roete deur die Erongoberge wat nog nooit tevore vir ’n fietsresies gebruik is nie, is een van die groot spesiale trekpleisters.
Gerhard Mans Junior is tans een van die voorlopers in die Gravel & Dirt se reeks wedrenne en is gretig om vanjaar se reekskampioen te word, maar volgens hom is dit juis die gees, samesyn en natuurskoon wat deelnemers soos hy elke keer teruglok.
“Dis elke keer ’n baie lekker samekoms en die natuurskoon van die roete wat opnuut verander, is iets uniek,” het Mans gesê.
Die Gravel & Dirt-reeks is ’n hoogtepunt op die fietsrykalender in Namibië en het om verskeie redes in die harte van die fietsrygemeenskap gekruip.
Johan Pretorius, organiseerder van die Gravel & Dirt-reeks, meen Mans kan strawwe kompetisie verwag by die Otjohotozu-gasteplaas waar ongeveer 150 ryers na verwagting sal deelneem. Pretorius meen ryers soos Ingram Cuff en Drikus Coetzee is ewe gretig om eerste oor die wenstreep te ry.
Pretorius vertel die lodge sowat 20 kilometer buite Omaruru is ’n perfekte gasheer om ’n Gravel & Dirt-byeenkoms aan te bied omdat dit ’n middelpunt vir fietsryers van die kus en sentrale noorde is.
Inskrywings het gister gesluit vir deelnemers wat die keuse tussen die roetes oor 80 km, 40 km of vir kinders 20 km het.
“Ons wil die roete nie te moeilik vir die gemiddelde fietsryer maak nie en dis wat Gravel & Dirt uniek maak. Ons probeer vir almal voorsiening maak,” het hy verduidelik.
Pretorius glo die deelnamesyfers is ’n duidelike bewys van dié reeks se gewildheid.
“Dis ’n baie lekker familiedag. Ons het ondervind as ons nie ook kategorieë vir die jonger ryers aanbied nie, is daar aansienlik minder volwassenes. Baie ouers verkies dit om die korter roetes vir jonger deelnemers te ry as ’n geleentheid om iets saam met hul kinders te doen.
“Daar is baie kompeterende ryers, maar oor die algemeen gaan dit maar oor samesyn,” het Pretorius gesê.
Drey-Andra van der Merwe, Hollard se bemarkingsakevennoot, sê: “Die fietsrygemeenskap het van die begin af met entoesiasme by die reeks betrokke geraak. Hollard is trots op die feit dat ons een van die grootste fietsryreekse in Namibië kan aanbied.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie