Low Key vol vertroue in slypwerk teen Berchelt

Boks
Tielman van Lill
Vir die tweede keer in nege maande wag ’n groot geveg in Las Vegas op Jeremiah “Low Key” Nakathila, wat op 26 Maart in die dobbelstad en mekka van wêreldboks deur die toue klim.

Die Namibiër, tevore die Afrika- en globale superveergewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie (WBO), durf Miguel Berchelt, die voormalige WBC-superveergewigwêreldkampioen van Mexiko, oor 12 rondes aan.

Beide vegters het intussen met een gewigsklas opgeskuif om mekaar nou as liggewigte (61.2 kg) te takel.

Nakathila (32) se eerste probeerslag in Las Vegas verlede Junie teen Shakur Stevenson (VSA) was ’n groot leerskool vir die Namibiër. Hy en die Amerikaner het toe vir die WBO se tussentydse wêreldsuperveergewigtitel in die kryt geklim.

Low Key moes egter in ’n eenparige puntebeslissing oor 12 rondes die aftog blaas. Hy het in die vierde ronde vir die eerste keer in sy loopbaan op die krytvloer beland, maar het enduit geveg, hoewel hy selde gesag kon afdwing teen Stevenson se ontwykende benadering. Al drie tellinghouers het die geveg met 120-107 aan die Amerikaner toegeken.

Stevenson het intussen die WBO-superveergewigwêreldtitel teen Jamel Herring van die VSA gebuit. Hy en Valdez sal einde April bepaal wie beide die WBO- en WBC-superveergewigwêreldkampioen gaan wees.

Nakathila (22-2, 18 uitklophoue) word tans deur die WBO as die 12de beste superveergewig op sy wêreldranglys aangewys. Berchelt is die vyfde beste liggewig volgens die WBC.

Low Key het gister op ’n nuuskonferensie gesê hy het die afgelope tyd onder meer teen skermmaats soos Philipus (Energy) Nghitumbwa en selfs die veel swaarder WBO Afrika supermiddelgewigkampioen Paulinus (John John) Ndjolonimus (76 kg) vuiste geruil het.

“Dis ’n groot geveg vir my en ek sal my hemp uittrek sodat julle kan sien hoe goed ek vir die geveg voorberei is. Baie dankie aan al my skermmaats wat my help voorberei het.

“Ek is hard deur die afrigters gedruk en ek is gereed om die gees van Namibië in die VSA uit te beeld. Hopelik sal ek die keer in die ander kant van die uitslag wees.

“Baie dankie aan my promotor Nestor Tobias wat die geveg gereël het. Dit het nie per toeval gebeur nie, maar deur my harde werk om op internasionale vlak te kom en te bly.

“Ons het Berchelt se styl bestudeer en hy is nie dieselfde tipe bokser as Stevenson nie. Hy is ’n meer ortodokse vegter en ek sal gemakliker teen hom wees.”

Nakathila vertrek op 19 Maart na Las Vegas.

DIE OPPONENT

Berchelt se vegnaam is El Alacran (die Skerpioen) en hy tel nie verniet onder die lang lys vegkampioene van sy land nie.

Hy het sy wêreldtitel op 28 Februarie 2017 teen sy landgenoot Francisco Vargas in Palm Springs, Florida, met ’n uitklophou in die vierde ronde gewen.

Berchelt het sy kampioengordel van 2017 tot November 2019 ses keer suksesvol verdedig. In dié tydperk het hy Takashi Miura (Japan), Maxwell Awuku (Ghana), Jonathan Victor Barros (Argentinië), Miguel Roman (Mexiko), Vargas en Jason Sosa (VSA) op ’n streep geklop.

Sy uitstappie laasjaar Februarie teen sy landgenoot, Oscar Valdez, het egter rampspoedig verloop. Valdez het hom in die vierde en negende rondes platgeslaan en in die tiende ronde vir oulaas vir die wêreldkroon gebêre.

Oor twee naweke wag sy eerste geveg sedert Valdez hom verinneweer het.

Berchelt kan met 38 oorwinnings uit 40 gevegte spog waarvan hy 34 (85 persent) met uitklophoue gewen het. Afgesien van Valdez was Luis Eduardo Florez van Colombia in 2014 die enigste ander man wat hom kon uitslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%