Low Key sal op ranglyste deurbreek

Boks
Dis nog vroeg in wat beloof om 'n groot jaar vir die Namibiese liggewig te wees.
Tielman van Lill
Nadat Jeremiah “Low Key” Nakathila die naweek in Las Vegas die beroepswedders ’n bloedneus gegee het met sy tegniese uitklopsege teen Miguel Berchelt (30) van Mexiko, behoort die Namibiër binnekort onder die topvyf liggewigte op Wêreldboksorganisasie (WBO) se wêreldranglys te verskyn.

Die 32-jarige Nakathila het in die derde ronde eers die voormalige wêreldkampioen met ’n reguitlinkerhou op die kennebak getref wat hom op sy sitvlak laat beland het.

Ná Berchelt staande die 8-telling moes aanhoor, het die twee boksers vir die volgende paar rondes verwoed hou vir hou geveg.

In die sesde ronde het Low Key hom weer met venynige kombinasies getref. Met 36 sekondes oor in dié ronde het Nakathila met ’n moordende regter die Mexikaan se mondstuk oor die krytvloer laat vlieg. Hoe Berchelt staande gebly het, is ’n wonder.

Die klok het Berchelt gered, maar die skeidsregter het besluit hy het genoeg slae verduur en die geveg beëindig. Die Namibiër het volgens al drie tellinghouers elk van die ses rondes gewen (60-53, 60-53, 60-53) toe die geveg gestop is.

Low Key, uit die stal van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie, is gister soos ’n held deur MTC tydens ’n mediakonferensie in die hoofstad ontvang.

Nakathila het aan die koerant gesê: “Dit was ’n harde en ’n topklas geveg. Berchelt is ’n moeilike kalant, want hy was vir lank die wêreldkampioen.

“Vir dié geveg was ek die beste van my loopbaan voorberei en daarom het dit maklik gelyk. Ek is bly ek kon ’n moeilike uitdaging en ’n taai bokser soos Miguel baasraak.

“Ek is oortuig ek hoort nou onder die A-klas boksers ter wêreld. Ek kan die hoogste sport in boks bereik en teen enige bokser in die kryt klim.

“Ek sal ’n week of twee rus voor ek weer begin oefen en dan sal ons besluit wat die pad vorentoe is. Ons is nou eers in Maart. Dit gaan beslis ’n groot jaar vir my wees en ek is gereed om die taak aan te pak.

“Ek wil graag my land trots maak en die wêreld opnuut wys Namibië se boksers behoort op die internasionale verhoog. Dankie aan MTC en Nestor Tobias wat die geveg moontlik gemaak het.”

DEURE OOP VIR NAMIBIËRS

Tobias, vegknoper van Nakathila, sê: “Dit was ’n puik oorwinning wat vir Nakathila en natuurlik ander boksers in Namibië deure oopgemaak het.

“Nou wil die res van die wêreld weet wat is nog in Namibië en vir my as promotor lê die opdraand voor, want ek sal moet voorsien aan die aanvraag.

“Nakathila kan nou teen enige bokser deur die toue klim. Al die buitelandse promotors sal hom nou wil hê. Veral ná ’n geveg soos die wat internasionaal deur Top Rank en ESPN regstreeks op televisie uitgesaai was wat Namibië op die wêreldkaart gevestig het.

“Ons is binnekort terug in die gimnasium om te doen wat Low Key gewoonlik doen. Ek wil ’n beter oefenprogram vir hom bekom en dan wag ek om van Top Rank te hoor wat hul volgende voorstel is.

“Low Key was voor die geveg agtste op die WBO-wêreldranglys. Hy sal nou beslis tot onder die topvyf vorder en daar is ’n moontlikheid dat hy deur elk van die topvier beheerliggame (WBO, WBA, WBC en IBF) se ranglyste kan deurbreek sal word.

“Dan word hy deur al die grotes erken en ek glo hy kan binnekort vir ’n wêreldtitelgeveg oorweeg word.

“Die probleem is dat almal nou weet hoe hard Nakathila slaan en sy gevegstyl ken.”

John Ekongo van MTC sê: “Ons waardeer wat Low Key bereik het. Ons moedig ander korporatiewe instansies aan om MTC te help sodat ons hoër hoogtes kan bereik.

“Die antwoord op die vraag van wat die opbrengs op my belegging as borg gaan wees, kan nie in geldwaarde gemeet word nie. Nie ná wat Sondagoggend in Vegas gebeur het nie; die vraag is eerder wat ’n hupstoot dit vir Namibië in geheel beteken.”

Nakathila spog na dese met 25 beroepsgevegte, 23 oorwinnings en 19 uitklophoue. Sy twee nederlae was met punte oorsee (in Rusland en die VSA).

Berchelt was van Januarie 2017 tot Februarie 2021 die superveergewigkampioen van die Wêreldboksraad (WBC) voordat hy sy titel aan sy landgenoot Oscar Valdez in die einste Las Vegas afgestaan het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%