Langasems met aankope beloon
Padwedlope
Die twee kampioene van die 2022 Rössing virtuele marathonwedloop het voor die naweek elkeen ’n ontwikkelingsbonus ter waarde van N$20 000 van Rössing Uranium ontvang.
Jeremia Shaliaxwe en Anna Amutoko het in Maart vanjaar die vinnigste tye oor die marathonafstand opgestel en sodoende die wennersprys van N$20 000 elk losgeslaan.
Soos gebruiklik plaas die hoofborg ’n verdere ontwikkelingsbonus van N$20 000 op die spel in die vorm van ’n koopbewys wat by die plaaslike sportwinkelgroep OTB vir die aanskoop van sporttoerusting of -uitrusting ter bevordering van hul loopbaan gebruik kan word.
“Oefenklerasie is nogal duur en om dit uit jou eie sak te betaal, is nie altyd maklik nie, as jy ook nog die regte kos en aanvullings moet aankoop. In daardie opsig is hierdie meevaller van groot hulp en ek is dankbaar teenoor Rössing Uranium,” het Shaliaxwe gesê, wat sy titel in die 2021 Rössing-marathon suksesvol verdedig het.
Anna Amutoko, wat die wedloop ook verskeie kere tevore gewen het, sê virtuele marathons is gewoonlik moeiliker omdat die deelnemers heeltemal op hul eie hardloop.
Met vanjaar se virtuele aanbieding het die marathon meer as 500 hardlopers oor die hele land heen gelok.
By die oorhandiging het me. Daylight Ekandjo van Rössing Uranium se skakelafdeling gesê: “Ons wens die twee atlete geluk met hul oorwinnings en ons hoop om hulle in 2023 weer te sien, wanneer ons hopelik ’n werklike byeenkoms eerder as ’n virtuele kompetisie sal hê.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie