Kudus beloof Falcon min genade
Klubrugby
Rugby-ondersteuners in Walvisbaai kan hulle regmaak vir twee uithaler-ligawedstryde môre.
FNB Kudus speel weliswaar nog nie weer op Kudupark in Narraville teen FNB Reho Falcon nie, maar darem wel in die hawedorp nadat die eerste tuiswedstryde noodgedwonge in Swakopmund gespeel moes word weens ’n gebrek aan geskikte speelvelde.
Die Walvisbaaiers is vasberade om hul goeie vorm voort te sit en hul tuisskare agter hulle te verenig.
Kudus I gee tans die pas aan in die Namibië Rugbyunie se premierliga, ná drie indrukwekkende oorwinnings oor Rehoboth, Unam en United. Hierteenoor is Falcon laaste van die agt spanne, wenloos ná drie wedstryde en met ’n punteverskil van minus 119.
’n Besering of twee pla in Kudus se eerste span, maar die besoekende Falcon sal nietemin te doen kry met ’n oorgehaalde opponent wat onomwonde sy visier op die maksimum ses ligapunte ingestel het om te verseker hy bly boaan die puntelys.
Kudus het nie die grootste agttal nie, maar afrigter Gawan Esterhuizen het die kundigheid van die gesoute Unam- en Welwitschias-stut Hauta Veii nader geroep om die voorspelers te help en dit werp ongetwyfeld vrugte af. Die Kudus-pak het sover nog elke wedstryd gedomineer.
Vandat die uitgetrede oudsenter Quintin Simon betrek is om sy vaardighede met die agterspelers te deel, werp sy handewerk ook vrugte af, met die Kudus-agterlyn wat vanjaar reeds drieë “soos Nieu-Seeland se spanne” gedruk het. Die Kudus-agterlyn loop soos ’n stoomtrein en Reho Falcon sal hul keer moet ken
Die kaptein en flank Cameron Langenhoven lei op volle vaart en haal werklik die beste uit sy span. Tesame met Lezardo Vos en Joshua Jacobs vorm hulle ’n gedugte trio wat hul opponente sover oorskadu het.
Die wedstryd skop om 15:30 af en word regstreeks op NTV uitgesaai (DStv-kanaal 285 of 94 op GOtv).
Vir Kudus se naasbestes en huidige Reserweliga-kampioene het die jaar nie so goed begin nie. Twee opeenvolgende neerlae teen Rehoboth en Unam, asook beserings het die span in ’n posisie geplaas waar min kanse oor is om te verbrou.
Voorlangs word Kudus versterk met die terugkeer van die Namibiese o.20-spelers Alexander Jansen en Gregory Namaseb. Kudus beskik oor ’n baie ervare agtal, maar agterlangs lyk die span effe lig in die broek weens beserings.
Verwagtinge is egter dat Kudus II die knoop met redelike gemak sal deurhaak. Die wedstryd skop om 14:00 af.
Om 13:00 takel die Kudu Bokkies die Okahandja Huskies in ’n vroue tien-aan-’n-kant ligawedstryd.
Sou die ooswind wegbly, kan sportliefhebbers langs die kus hulle gereed maak vir goeie rugby. Die klub nooi sy getroue ondersteuners en alle rugby-aanhangers om die pawiljoene in blou vol te pak en die span op sportiewe wyse aan te moedig.
Verversings sal te koop wees. Toegang is N$30 per volwassene, N$20 per skolier, N$20 per motor en N$50 vir elke koelboks.
• Môre se wedstryde elders:
Wanderers-veld: FNB Wanderers tn FNB Western Suburbs, 15:45
Rehoboth: FNB Rehoboth tn FNB Grootfontein, 15:45
Unam-stadion: FNB Unam tn Trustco United, 15:45
• Bly by www.fnbrugby.my.na op die hoogte van die ligastand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie