Kleiteikenskuts mag weer Olimpiese droom koester
Skietsport
Die uitdagende pad na Olimpiese kwalifisering is ten minste weer gelyk, danksy die verkryging van voldoende fasiliteite.
Frans Jooste, Gielie van Wyk en Hendrik Roos sal Namibië die komende naweek in Pretoria by die Suid-Afrikaanse Olimpiese Kleiteikenskietkampioenskap verteenwoordig.
Op grond van dié sportkode se erkende Olimpiese status, word daarna in Engels as “Olympic Trap Shooting” verwys.
Na afloop van die kompetisie in Centurion sal dieselfde drie skuts Juliemaand in Italië gaan deelneem.
Baku (hoofstad van Azerbaidjan) en Egipte kom onderskeidelik in Augustus en September vir besoeke aan die beurt – beide geleenthede waar die Namibiërs vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, kan kwalifiseer.
In 2016 is die kleiteikenskietbaan in Windhoek op baie kort kennisgewing gesluit. Dit was dieselfde jaar waarin die plaaslike sport se hoëprofiel vaandeldraer Gaby Ahrens die land in Rio de Janeiro vir die derde keer by ’n Olimpiese Spele verteenwoordig het.
Rolspelers in die sport het destyds verbete, maar vergeefs probeer om die sportkode weer aan die gang te kry.
’n Baan is later deur die Windhoek-kleiteikenklub buite die hoofstad gebou, maar dit het nie aan Olimpiese standaarde voldoen nie. Die Neuweiler-skietbaan was wel voldoende vir die skuts om aan die gang te bly en te oefen.
Die Swakopmund-kleiteikenskietklub het ook oor dieselfde tipe skietbaan as Windhoek beskik. Wanneer skuts tot die vlak gevorder het om internasionaal te moes deelneem, het dit egter gelol, want plaaslike bane het eenvoudig nie aan Olimpiese vereistes voldoen nie.
Verlede jaar het die Swakop-klub ingespring en ’n volledige Olimpiese standaard baan gebou. Die fasiliteit is middel Desember amptelik met die Namib-bekerbyeenkoms geopen.
Skuts kon weer in Swakopmund volgens die vereiste standaard oefen, wat ’n enorme voordeel is wanneer internasionale kompetisies aan die deur klop.
Die nuwe baan het van die gesoute skuts teruggelok en die eerste nasionale proewe is binne ’n paar maande gehou om Namibië so pad vorentoe weer gelyk te maak.
Vollrat von Krosigk, ’n gesoute kleiteikenskut, sê: “Die skietbaan is eenvoudig fantasties, met ’n bunker wat 15 splinternuwe masjiene bevat. Skiet op hierdie baan is heeltemal anders as wat baie skuts tot dusver ervaar het en dis uiters uitdagend.
“Die teikens vlieg baie vinnig en die skut moet rêrig blitsig reageer en skiet. Vele skuts, insluitend myself, het gesukkel om die teikens teen die oranje agtergrond van die woestyn te sien. Dit het baie beter geword nadat ek my sonbril met grys lense opgesit het.
LANG PAD
Oor die komende toernooie en drome van Parys 2024 het Roos aan Republikein gesê: “Dis ’n lang pad wat vir ons voorlê, maar ons is reg ingestel en gaan ons heel beste lewer.
“Ons wil graag kleiteikenskiet aan jong mense bekendstel en hulle na die sport lok. Dit is een van die mees uitdagende en moeilike dissiplines van al die skietkodes en ook een van die min waarin skuts vir die Olimpiese Spele kan kwalifiseer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie