Kapteins glo in hul spanne vir semifinale

Krieket
Tielman van Lill
Die vooraf gunstelinge is redelik ooglopend vir die semifinale van Krieket Namibië se premierliga (50 boulbeurte) vir die 2021/22-seisoen wat môre en Sondag in die hoofstad beslis word.

Eerste takel Samsung Wanderers môre die besoekende Trustco United in Pionierspark, voordat Ceiling Centre WHS Old Boys Sondag die gasheer teen CCD Tigers by FNB Vegkop-stadion is.

Die statistiek wys Old Boys en Wanderers mekaar in die finaal te behoort pak. Die buiteperde sal gewis die guns van krieket se wispelturige geluksgodin aan hul kant moet hê om ’n opskudding te lewer.

Wanderers, wat onoorwonne boaan die punteleer geëindig het, het vyf wedstryde (uit 8) gewen en dramaties een teen Old Boys gelykop gespeel. Twee is weens reën afgestel sonder dat ’n bal geboul is. Omrede die Wit Hingste vreemd genoeg elke keer tweede gekolf het, teken hulle ’n beskeie 861 lopies aan met 855 teen hulle.

Hierteenoor het Old Boys (tweede posisie) in ses van sy botsings eerste gekolf en ’n massiewe 1 922 lopies in agt kragmetings teen 1 047 opgestapel. Hulle wen vyf keer, speel gelykop teen Wanderers op Vegkop, verloor die reënwedstryd teen United volgens die Duckworth-Lewis-Sternmetode en verloor hul eerste wedstryd met vier paaltjies teen Wanderers.

CCD Tigers (derde) behaal drie seges en verloor vier. Hul 968 lopies lyk maar bedees teenoor die 1 217 van hul opponente.

United (vierde) speel sewe wedstryde, wen twee en verloor vyf met 1 030 lopies in die bank teen 1 113.

Die MR24/7 Welwitschias (vyfde) se enigste oorwinning (ses wedstryde) was verlede naweek in hul laaste verpligting teen Tigers. Die kusspan skraap 696 lopies bymekaar, met 1 245 teen hulle.

KAPTEINS PRAAT Lohan Louwrens, kaptein van United, sê: “Ons sien baie uit na die naweek! Ons sal ’n paar veranderinge vir die wedstryd aanbring wat ons span vir seker versterk.

“Ek glo ons het ’n baie goeie kans om die semifinaal te wen as ons kolwers hand opsteek. Aan die begin van die seisoen het ons ’n baie goeie wedstryd teen hulle gehad en ons vat baie positiewe punte daaruit.

“Dis wel by Wanderers se tuisveld en ons onderskat hulle glad nie, maar ek glo as ons goeie krieket speel, het ons ’n goeie kans.”

Nicolaas Scholtz, kaptein van Wanderers, sê: “Ons het eintlik min krieket gespeel. Twee van ons wedstryde is weens reën afgelas en as daar na die lopies gekyk word, kan jy sien dat ons in al ses wedstryde tweede gekolf het.

“Behalwe Niko (Davin) se honderdtal by die kus, was daar was geen werklike groot telling deur ons kolwers nie. Maar as ons dieselfde goeie krieket as die afgelope seisoen kan speel, sal ek tevrede wees, maak nie saak wie die wenner is nie.

“’n Semifinaal is nie net nog ’n ligawedstryd nie. As jy verloor, is jy uit. Ons is goed voorberei en almal sal gelukkig wees as ons die semifinaal met twee volle kolfbeurte kan beslis sonder reën of nat velde of verminderde boulbeurte. “

Picky Ya France, kaptein van Tigers, sê: “Natuurlik sien ons uit na die kragmeting teen een van die beste klubspanne in die land. Ons sal die basiese dinge 100 persent reg moet doen as ons Sondag suksesvol wil wees.

“Ons speel teen ’n span gelaai met nasionale spelers soos Craig (Williams), Gerhard (Erasmus) en Ruben (Trumpelmann), om net enkeles te noem, wat die wedstryd binne ’n kort tydjie van jou af kan wegvat.

“Ons is goed voorberei en benader die semifinaal met selfvertroue. Die span sal basies onveranderd bly soos ons die afgelope seisoen gespeel het. Ek het vertroue in my spelers en hopelik kan die skaal Sondag in ons guns swaai.”

JP Kotzé, kaptein van Old Boys, sê: “Ons het regtig ’n baie goeie seisoen beleef. Ons was ongelukkig om met die DLS-metode teen United te verloor en gelykop teen Wanderers te eindig.

“Ons jong spelers het uitstekend gevaar. Daar was Dylan Leicher se 100-tal en Donovan (Zealand) het ’n klomp paaltjies gevat en Henry van Wyk is nog ’n voorbeeld. Malan (Kruger) het ’n groot rol gespeel en dan is daar is die nasionale spelers wat hul merk gemaak het.

“Ons sien uit na die uitdaging, maar dit gaan ’n taai wedstryd teen Tigers by ons tuisveld wees. Hopelik kan ons die beker na WHS se kleedkamer terugbring waar hy hoort.

“Elkeen van die spelers bring hul kant en ek glo ons het ’n goeie kans om die seisoen suksesvol af te sluit.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.90/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.22% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP DOWN -0.0162 | Platinum US$ 997.98/OZ UP +1.29% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.90/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.22% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP DOWN -0.0162 | Platinum US$ 997.98/OZ UP +1.29%