Juniors wil pap dik aanmaak op Brits
Bergfietsry
Twaalf ryers van Namibië behoort ’n klein, maar sterk teenwoordigheid te handhaaf by die Suid-Afrikaanse nasionale skolebergfietskampioenskap se eindbyeenkoms wat op Brits in die Noordwes-provinsie aangebied word.
Op die twee resiesdae word Saterdag in skoolverband meegeding, voor Sondag se provinsiale kompetisie.
Aanvanklik was 16 Namibiërs ná afloop van die FNB Skole-reeks vir die toer gekies, maar skoolverpligtinge het intussen die onttrekking van DHPS se uitstekende o.18-jaer Kevin Lowe (20ste by die 2023 UCI junior wêreldkampioenskap), Theuns van der Westhuizen (2023 Statebondjeugspele) en andere genoodsaak.
Selfs sonder Lowe behoort die Namibië soos tevore in die jonger ouderdomsklasse sy stem behoorlik dik te maak.
Die seuns is Julius Braun (DHPS, o.14), Gero Friedrich (DHPS, o.14), Theodor Janse van Vuuren (Whk Gim, o.14), Franco Thiel (DHPS, o.15), Nathan Chase (St. George’s, o.16), Marco Thiel (DHPS, o.16) en Roger Surén (Whk Gim, o.16).
Die meisiespan is Bianca Nell (Whk Gim, o.14), Rosemarie Thiel (DHPS, o.16), Delsia Janse van Vuuren (Whk Gim, o.16), Angela Kamati (Physically Active Youth, o.18) en Marie Louw (Gobabis Gimnasium, o.18).
Die groep word deur mee. Erica Nell en Carolin Janik (FNB Skoleliga komiteelede) en Andries Janse van Vuuren as chaperone vergesel. Die toerkoste word deur die Namibiese Fietsryfederasie gedra, terwyl Windhoek Gimnasium die bussie geborg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie