Junior Eagles op koers vir WB-kwalifisering
Krieket
Die Namibiërs het Kenia gister met sewe paaltjies oorskadu.
Die grondslag vir die Walvis Bay Salt junior Eagles om as die Afrika-kwalifiseerder vir volgende jaar se o.19 Wêreldbeker in Sri Lanka na vore te tree, word sover deur hul boulers gelê.
Kaptein Alexander Volschenk en sy mede-Namibiërs stap vandag in Tanzanië se hoofstad Dar es Salaam teen Sierra Leone op die veld, voor hul laaste uitdaging Sondag teen Nigerië.
Indien hulle soos verwag met twee goeie oorwinnings hul netto kolftempo verder die hoogte in druk, kan hulle in die binnebaan bly om die Wêreldbeker-plek te verseker – ondanks hul uitgereënde openingswedstryd teen Uganda, wat ook sedertdien onoorwonne gebly het.
Netto lopietempo kan dus Sondag die bepalende faktor wees vir die sommetjie wie boaan eindig, met Uganda se oorblywende wedstryde teen Kenia en Sierra Leone.
“Die kolfblaaie hier is die gelykmaker en is oorwegend moeilik om op te kolf, met oneweredige wip of stadige, lae wip. Ons span se vaardigheidsvlak en atletiese vermoëns staan egter uit bo die res,” sê dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië.
Met ’n bietjie geluk aan hul kant kan die junior Eagles dus Sondag vir die eerste keer sedert 2018 die land se deelname aan ’n o.19 Wêreldbeker verseker.
Afrigter Oscar Nauhaus sê die dissipline om die wedstrydplan uit te voer, bly belangrik op die kolfblaaie wat gunstig vir draaiers is en wat voortaan net nóg moeiliker kolftoestande inhou.
KENIA PLATGEDRUK
Namibië se oorwinning gister met sewe paaltjies was basies gewaarborg toe Kenia in 30.4 boulbeurte vir net 64 uitgeknikker is. Die junior Eagles se wentotaal van 67/3 in 16. 4 was bloot ’n formaliteit.
Morris “Junior” Kariata het by die Universiteit Dar es Salaam-veld sy bullopie met 3 paaltjies vir 10 in 5 boulbeurte (1 leeg) voortgesit. Dié regterarm naatbouler het ’n blink talent vir die toekoms en is as speler van die wedstryd bekroon.
Die ondersteuning van Volschenk (2/1 in 1.4), Jack Brassell (1/23 in 9, 3 leeg), Gerhard Janse van Rensburg (1/11 in 5, 2 leeg), PD Blignaut (1/6 in 5, 2 leeg) en Zacheo van Vuuren (0/10 in 5, 3 leeg) en ekonomie-syfers tussen 1.2 en 2.55 per boulbeurt, was onberispelik.
Die jong Eagles-boulers het 11 leë boulbeurte afgestuur met altesame 150 leë balle. Agt ekstras is afgestaan (2 foutballe, 4 wydlopers, 2 bylopies).
Kenia se kaptein, Vishil Patel, het besluit om eerste te kolf, maar hul enigste dubbelsyfers het van Stian Smith op nommer 4 (21 lopies, 60 balle) en aanvangskolwer Darsh Panchani (14, 23 b, 1x4) gekom. Die span se enigste grenshou is deur Smith behaal.
Indien die Namibiërs ’n hoër wenteiken sou moes jaag, kon Aaranv Patel (1/22 in 5) en Vishil Patel (1/15 in 6.1, 1 leeg) se draaiballe hulle dalk groter kopsere besorg het. Kenia staan 12 ekstras af (4 foutballe, 5 wydlopers).
Namibië se lopies is deur Janse van Rensburg (10 van 16 b, 1x4, gevang), Hansie de Villiers (11 van 23 b), JW Visagie (14 van 36 b, 1x4, geboul), Van Vuuren (5* van 16 b) en Volschenk (19* van 11 b, 1x4, 2x6) geslaan.
Volschenk het agterna gesê: “Ons het nie swakplekke in die span nie. Of ons eerste moet kolf of boul, speel nie ’n rol nie. Ons het net een doel voor oë en ons het geloof in mekaar.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie