Jong Zambiër laaste man staande
Tennis
Altesame 33 spelers het aan die Namibiese Tennisvereniging (NTA) se senior toernooi die afgelope naweek in Olympia deelgeneem.
Alle spelers van 13 jaar of ouer kon inskryf. In die vrouekompetisie was egter net vier jong vroue betrokke, wat in ’n rondomtalieformaat uitgespeel het.
In die mans enkelspelfinaal het die ongekeurde Zambiër Dickson Phiri die titel met 2-6, 7-6(4), 6-1 teen die sesde gekeurde Nguvi Hinda ingepalm.
Die eerste gekeurde Risto Shikongo is vroeër deur nommer sewe George Louw uitgeskakel (6-3, 6-4), voordat Louw ná ’n taai stryd die knie teen Phiri moes buig met 6-7(3), 6-4, 6-3.
Phiri het op pad na die titel ook die derde gekeurde Elias Shikongo met 6-4, 6-2 oorskadu, asook die ongekeurde Ruben Yssel met 6-3, 3-6, 10-8.
Die tweede gekeurde Arinze Okafor kon nie sy openingswedstryd teen Dian Calitz oorleef nie (4-6, 7-6, 10-6). Calitz het hom egter teen Hinda vasgeloop (6-3, 6-2).
Die ander uitslae was soos volg (keuringsposisie tussen hakies):
Vroue enkelspel: [1] Minenhle Moyo klop [2] Joanivia Bezuidenhout 6-2, 6-1.
Vroue dubbelspelfinaal: [1] Minenhle Moyo en Leandre Louw klop Joanivia Bezuidenhout en Johanna Theophelus 6-3, 6-4.
Mans dubbelspelfinaal: [1] Elias Shikongo en Risto Shikongo klop [2] Mickey Alemu en SP van Wyk 6-4, 7-5.
Mans plaatfinaal: Antonio Chivanda klop Patrick Paulus 1-6, 6-3, 6-2.
Die volgende NTA senior toernooi is geskeduleer vir 21 April by Sentraal-tennisklub in Olympia.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie