Jong Xavier se kop is reg aangeskroef

Gholf
'n Jong talent uit die Noorde is besig om geskiedenis te maak.
Tielman Van Lill
Die 18-jarige Xavier Schreuder van Tsumeb het onlangs gekwalifiseer om volgende jaar Julie in Noord-Ierland aan die Champion of Champions World Golf Championships (COCWCS) vir junior amateurspelers deel te neem.

Hy sal die eerste Namibiër wees vir wie die eer te beurt val om sy land by dié elite byeenkoms te verteenwoordig. Nick Faldo het die kampioenskapbaan ontwerp. Meer as 40 lande en 250 spelers se toekomsdrome is op die reusebyeenkoms by die vyfster Lough Erne-gholfoord by die eilanddorp, Enniskillen, gevestig. Die COCWCS vind van 25 tot 27 Julie plaas.

Schreuder is ’n produk van Tsumeb Gimnasium, waar hy ook krieket en rugby speel. Gholf is egter dié talentvolle sportman se eerste en grootste liefde. Sodra hy sy skoolloopbaan volgende jaar voltooi het, is Schreuder van plan om vir hom ’n gholfloopbaan as ’n professionele speler uit te kerf.

Schreuder het aan Republikein gesê: “Die kwalifiserende kompetisie by San Lameer was een van die moeilikstes wat ek nog gespeel het. Die druk was erg en ek moes heeltyd veg om kop te hou en kalm te bly.

“Die eerste dag het ek bo my verwagting goed gevaar en derde klaargemaak. Die tweede dag het nie so goed afgeloop nie, want ek het vierde geëindig. Ek het besef ek sal my kop vir die laaste dag moet regkry en begin positief dink.

“Op die laaste dag het ek baie hard op my spel gekonsentreer en dit putjie-vir-putjie gevat en net my gholf geniet. Ná die negende putjie het ek gesorg dat ek nie naby my ouers kom nie.

“Ná die laaste putjie (18de) het ek gehoop en bid dat ek darem derde sou eindig, maar toe ek my ouers se gesigte langs die baan sien, het ek besef dat ek beter met ’n tweede plek gevaar het!

“In dié drie dae het ek baie van myself geleer. Ek speel al vandat ek ses is gholf, maar het eers die afgelope vier jaar die sport ernstig begin opneem.

“Ek wil ’n professionele speler word; dis my grootste droom. Ek sal in 2024 The Golf School of Excellence van Paul Mackenzie se PGA-geakkrediteerde gholfakademie in die Kaap bywoon waar ek die gewilde driejaar PGA-diploma sal doen.”

Xavier se pa is Morné Schreuder, wat as losskakel in twee Wêreldbekertoernooie gespeel het en met 158 punte in 19 toetse een van Namibië se voorste puntemakers in internasionale rugby is.

“Ek en my ouers het vanjaar saam die Nedbank Desert Dash gery en ons wil dit volgende jaar weer saam aanpak voor ek in 2024 net gholfstokke in my hande sal hê,” sê Xavier.

“Baie dankie aan my ouers vir al hul steun en opoffering om my gholf altyd ’n prioriteit te maak. Ek sien baie uit na Ierland en hoop om my beste gholf op daai baan te speel.”

KWALIFISERING

Hy het van 22 tot 26 Augustus by die San Lameer-gholfklub 16 kilometer noord van Port Edward in KwaZulu-Natal aan die vyfde SA Kids Golf Junior Africa Challenge in die o.19-afdeling deelgeneem, waar hy tweede posisie ingepalm het.

Dit was die eerste keer dat ’n Namibiër onder die topdrie eindig. Hy het oor die drie dae 81, 83 en 78 houe behaal. Ná sy prestasie op die laaste dag van die kompetisie is hy gekies om saam met Divan Oosthuizen, JP Johnson, Kyle Johnson en Quade Beukes (almal Namibiërs) aan die International Dunbar Cup deel te neem.

Die Dunbar Cup word volgens die Ryderbeker-formaat gespeel. Spelers van tien lande (Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Indië, Kanada, Kenia, Namibië, Suid-Afrika, Uganda, Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe) het op die Suidkus toegesak.

Dié elite kompetisie in Suid-Afrika is een van 40 byeenkomste wêreldwyd waar meisies en seuns in die o.7-, o.9-, o.12-, o.15- en o.19-ouderdomsgroepe vir die jaarlikse COCWCS by die 5 Ster Lough Erne-gholfoord by die eilanddorp, Enniskillen, kan kwalifiseer.

O.19-WÊRELDKAMPIOENE

Ysland se Gunnlauger Arni Sveinsson is die 2022 COCWCS-titelhouer, gevolg deur die Iere Padraig O’Dochartaigh (tweede) en Adam Allahbachani.

By die meisies is Freya Jackson van Engeland vanjaar se COCWCS-kampioen met Iyeneobong Essien van Nigerië tweede. Lily Walker van Engeland het die derde plek opgeraap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%