Jong Rathenam eerste in Engeland
Aquathlon
Keanet-Peter Rathenam (17), ’n graad 11-leerder aan St. Paul’s College in Windhoek, het afgelope Saterdag aan die GoTri Colwick Park Challenger aquathlon in Birmingham, Engeland deelgeneem.
Die aquathlon behels ’n 400 meter swem, gevolg deur ’n 2.8 km draf. Rathenam was die jongste inskrywing in die mans ope resies en het in 17 minute 59 sekondes gewen, wat volgens die organiseerders die vinnigste tyd nóg oor die betrokke roete is.
Rathenam sê hy hoop om aan meer aquathlons deel te neem, nadat hy in Januarie vanjaar ook die mans ope-afdeling van Namibië se eerste aquathlon gewen het.
“My reis is gereël en moontlik gemaak deur die Namibiese Triathlonfederasie, wat my genooi het ná die kompetisie wat ek in Januarie gewen het.
“Die omstandighede in Birmingham was baie gunstig, met koel bewolkte weer en ’n aangename watertemperatuur. Ek hoop dat met die steun van borge swem-en-hardloopbyeenkomste meer gereeld in Namibië aangebied kan word.”
Rathenam is ook ’n kompeterende swemmer vir Dolphin-swemklub en sê hy vaar beter oor die korter afstande. “Ek neem ook graag as ’n swemmer vir triathlon-spanbyeenkomste deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie