Jong aanhangers ontmoet rugbyhelde
Saterdag se wedstryd tussen die Welwitschias XV en die Vodacom Blou Bulle op die Hage Geingob-rugbystadion in Windhoek was amper, maar nie stamper. In die laaste snikke het die Welwitschias met 47-43 voorgeloop, maar die Bulle se skrumskakel Brooklyn Newman het oorgeduik, die drie is verdoel en die telbord het op 50-47 vir die Blou Bulle gestaan. Jong aanhangers het by die tonnel van die gewag om die aandag van hul rugbyhelde te trek. Foto Iréne-Mari van der Walt


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie