Jaden, Salmaan kry Bok-kans

Rugby
Hendrik Cronjé
Hendrik Cronjé

Salmaan Moerat en Jaden Hendrikse moet hul lywe RG Snyman en Cobus Reinach in die Springbok-groep hou.

Hulle is Snyman en Reinach se aangewese plaasvervangers vir Julie se drie tuistoetse teen Wallis.

Snyman en Reinach herstel van beserings en is nie beskikbaar om vir die reeks gekies te word nie.

Hendrikse kan vanjaar meer speelkans kry as wat hy aanvanklik verwag het.

Afgesien van Reinach se besering het Herschel Jantjies ook nog nie herstel soos hy moet van ’n handbesering nie. Die besering het hom die week tuis gehou terwyl sy Stormers-spanmaats gister in Wallis teen die Scarlets in die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel het.

Jantjies sal ’n tweede mediese mening oor sy handbesering inwin. Hy kan selfs ’n operasie ondergaan wat hom ses weke kan uithou as daar geen komplikasies intree nie.

Hy sal wel beskikbaar wees vir die Walliese toetse, maar sal nie so wedstrydskerp soos Hendrikse wees nie.

Die 22-jarige Hendrikse se Haaie-spanmaat Grant Williams is steeds op die Bok-radar, maar die nasionale keurders ag Hendrikse hoër as hom.

Williams is al sedert verlede jaar deel van die Bok-groep. Die reuse-­impak wat hy Vrydagaand in die Haaie se nederlaag van 24-21 teen Ulster gemaak het, is ’n aanduiding van hoeveel hy die laaste paar maande as speler gegroei het.

Faf de Klerk is steeds die Bokke se eerstekeuse-skrumskakel.

In die Bok-kamp verwys hulle na ’n vlak 1- (eerste keuse), ’n vlak 2- (tweede keuse) en ’n vlak 3-speler (derde keuse).

Die Bok-afrigtingspan probeer in elke posisie, ofskoon dit nie altyd so uitwerk nie, tot ’n vlak 3-speler as deel van hul beplanning hê.

Rapport verneem die 24-jarige Moerat word nou as ’n vlak 2-speler in Snyman se afwesigheid beskou.

As deel van die Bok-afrigtingspan se beplanning is die vlak 2-speler gewoonlik ’n jaar of twee jonger as die vlak 1-speler en iemand wat die eerstekeuse-speler voortdurend moet druk vir sy plek.

EUROPESE SEISOEN

In Moerat se geval is die 30-jarige Eben Etzebeth die vlak 1-speler in sy posisie.

Moerat en Hendrikse sal nou asem ophou om te sien wanneer Jacques Nienaber, breier, sy groep vir die Walliese toetse aankondig.

Die Bok-afrigter se aanvanklike beplanning was om sy groep volgende week bekend te maak en van 6 Junie in Pretoria tot 2 Julie se eerste toets op Loftus Versfeld in Pretoria saam te trek.

Die Suid-Afrikaanse spanne se verbeterde spel in die Verenigde Rugbykampioenskap beïnvloed egter Nienaber se planne.

Hy wil nie graag die name van spelers wat in die uitklopwedstryde betrokke is al volgende week aankondig nie.

Terselfdertyd wil hy genoeg spelers nooi sodat hulle van 6 Junie byvoorbeeld verdedigingoefeninge kan doen.

Dit beteken dat Nienaber dalk volgende week bykomende spelers kan nooi vir die oefeninge terwyl die SA spanne nog in die uitklopwedstryde betrokke is.

Nienaber kan dan eers later die name van die spelers aankondig wat in die uitklopwedstryde betrokke is.

Die Bokke se Japanse en Franse spelers behoort almal op 6 Junie in te val.

Die Engelse klubs is egter nie so gretig om hul spelers vroeër vry te stel nie. Hulle tree streng volgens Wêreldrugby se regulasie 9 op.

Die enigste vereiste wat die Franse klubs gebruiklik het om hul spelers vroeër vry te stel, is dat die Bokke die nodige versekering vir die spelers moet uitneem, sou hulle beseer raak.

Al wink meer speelkans op toetsvlak vir Moerat en Hendrikse, sal spelers soos Elrigh Louw en Evan Roos eers geduldig moet wag.

Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Duane Vermeulen word steeds as die eerstekeuse-lostrio vir die toetsreeks teen Wallis beskou.

As beserings nie die deur vir hulle vroeër oopmaak nie, is Louw en Roos se beste kans op Bok-speelkans eers moontlik in die derde toets teen Wallis, mits die reeks dan reeds beklink is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%