Immergewilde Classic terug verwelkom
Fietsry
Meer as 1 000 fietsryers sal Sondagoggend die padresies aanpak van die Paratus Namibian Cycle Classic in samewerking met die Windhoek Rotaritariërklub.
Môre en Sondag se resiese in die hoofstad is die amptelike hervatting nadat dié hoogs gewilde byeenkoms vir twee jaar weens pandemieverwante beperkings nie kon plaasvind nie.
Eerste kom die bergfietsentoesiaste (15 km, 30 km of 50 km) en die kinderresies vir so lank as wat hulle wil om ’n baan van een kilometer môreoggend tussen sewe-uur en 13:00 by Farm Windhoek se IGJ Trails aan die beurt.
Die resiesfietsryers sal Sondag vanaf 07:00 die kans kry om vanaf Sportklub-Windhoek (SKW) in Olympia die speke in ’n 15 km, 25 km, 60 km of 100 km-roete in die noordelike rigting op die B1-hoofpad en terug te laat sing.
Deelnemers kan vandag tussen 16:00 en 19:00 by SKW registreer en hul rennommers optel. Vir laatslapers is daar hoop, want inskrywings word dieselfde tyd by SKW aanvaar.
In die bergfietsry se hoofresies sal die voorste elite mansryers soos Alex Miller, Xavier Papo en Gerhard Mans Junior mekaar die stryd aansê, terwyl Courtney Liebenberg, Genevieve Weber, Irene Steyn, Michelle Döman en Monique du Plessis ook vir ’n kompeterende vroueresies behoort te sorg.
Miller, Papo en Mans sal ook in die resiesfietsren teen Drikus Coetzee, Martin Freyer en Jean-Paul Burger se talent te staan kom. Melissa Hinz sal nie aan die bergfietsren deelneem nie, maar dieselfde vrouegroepie in die bergfietsren ry sal haar in die padresies toets.
Verskeie van die genoemde aanspraakmakers het hulle die afgelope maande in kompetisies oorsee laat geld – insluitend Miller wat die land se heel eerste bergfietsmedalje in die geskiedenis (brons) by die Statebondspele in Birmigham verower het.
Twee siggestremde ryers sal op tandemfietse aan die 60 km-padresies deelneem, asook vier Paralimpiese handfietsryers. Sean McBride-straat sal Sondagoggend van halfsewe tot 12:00 tot Frankie Fredericks-straat in Olympia vir verkeer gesluit wees.
GEVESTIGDE TRADISIE
Die Cycle Classic word sedert 1999 trots deur die Windhoek Rotariërklub georganiseer.
Die jaarlikse kompetisie bied gesinne die geleentheid om pret te hê, sport saam te beoefen en die buitelewe te geniet. Dit het oor die afgelope 23 jaar tot een van Namibië se voorste fietsrybyeenkomste gegroei.
Die Paratus Namibian Cycle Classic beloof ryers ’n ervaring waar hulle hulself kan uitdaag en hul vermoë toets, terwyl hulle tot gemeenskapsdiensprojekte regoor Namibië bydra.
Die byeenkoms lok jaarliks gereeld meer as 1 000 inskrywings en het tevore fietsry-entoesiaste van lande soos Angola, Botswana en Suid-Afrika verwelkom wat hulle in staat stel om Namibië se natuurskoon te ervaar.
Die kompetisie maak voorsiening vir ’n massagroepwegspring en individuele tydmeting van begin tot einde. Medaljes wag op ryers in die onderskeie afdelings wie die ren voltooi.
Geslote paaie, beheerde verkeerstoestande en steun deur verkeersowerhede verseker ryers se veiligheid en deelnemers hoef nie tydens die wedren te stop nie.
Die padfietsrenne sal regstreeks op Paratus en The Namibian se Facebook-profiele gewys word en daar sal TV-skerms by SKW wees om die aksie te volg. Die organiseerders sal op beide dae vermaak en aktiwiteite vir die gesinne aanbied om te geniet.
2019
Met die laaste vorige padfietsresies het Drikus Coetzee ’n drieledige naelresies teen Alex Miller en Xavier Papo in breukdele van ’n sekonde gewen.
Van die elite vroue het Michelle Vorster se naaste kompetisie van Risa Dreyer en Melissa Hinz gekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie