Ierse media ruk heuningkwas uit vir ‘briljante’ Bulle
Rugby
Die Ierse media is verras, maar ook vol lof vir die Bulle ná hul skokoorwinning met 27-26 oor die Ierse rugbyreus Leinster in Dublin in Vrydag se eerste halfeindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap.
Sowel die Ierse koerant Irish Examiner as die Ierse aanlyn sportnuuswebwerf The42 gebruik die woord “briljant” om Jake White se span se begeesterde vertoning te beskryf, terwyl Irish Mirror ook die heuningkwas uitgehaal het vir die manne van Loftus Versfeld.
“Wel wel wel. Die VRK het pas interessant geraak. Die idee was dat die koms van Suid-Afrika se voorste franchises in die kompetisie, wat eens as die Celtic-liga bekend gestaan het, broodnodige klas en gevaar in die verrigtinge sou inbring, maar niemand het dít verwag nie. Nie hier nie, nie in ’n Dublin-halfeindstryd nie,” het die voormalige slot vir die Iere se nasionale span, Donal Lenihan, vir Irish Examiner geskryf.
Lenihan het tussen 1981 en 1992 in 52 toetse vir die Iere uitgedraf en tree deesdae as ’n mede-kommentator op televisie en radio op, terwyl hy ook gereeld vir Irish Examiner skryf.
“Die Bulle het nie gereis as ’n span met geen hoop nie – ver daarvan af, maar hulle het wel die draaiboek opgeskeur met ’n vertoning en ’n uitslag wat Leinster van ’n vyfde agtereenvolgende ligatitel ontneem het en hul gevoel van wanhoop verdiep twee weke ná hul nederlaag in die Kampioenebeker-eindstryd teen La Rochelle.
“Dit was ’n buitengewone poging deur die besoekers wat ’n dosyn van dieselfde beginspan ingespan het wat hier in die eerste ronde met 31-3 verloor het en ’n span wat net ses dae en 9 000 kilometer tevore verby die Haaie geskraap het met ’n skepdoel in beseringstyd op Loftus Versfeld,” skryf Lenihan.
“Nou dít was uitkloprugby,” sê die gewilde The42.
“Ná verlede naweek se uiters eensydige kwarteindstryd tussen Leinster en Glasgow by die RDS, was die Dublin 4-stadion vanaand (Vrydagaand) gasheer vir ’n opwindende halfeindstryd wat vir die volle 80 minute hoëoktaan-vermaak verskaf het toe ’n briljante Bulle-span Leinster verstom het om hul plek in volgende naweek se VRK-eindstryd te bespreek.”
“Leinster is uit die VRK geboender aan die hand van die Bulle in ’n skok van die jaar,” skryf Irish Mirror.
“Die twee spanne het in die RDS-stadion gespeel en die Bulle is vooraf as buiteperde beskou met 14/1 in ’n stryd waar hulle die volle waarde van hul oorwinning werd was.”
Die Bulle pak in die eindronde die wenner van Saterdagmiddag se ander halfeindstryd tussen Ulster en die Stormers in Kaapstad.
Puntemakers:
Leinster 26 (14). Drieë: Dan Sheehan, Robbie Henshaw, Rory O’Loughlin, Cian Healy. Doelskoppe: Ross Byrne (2), Johnny Sexton.
Bulle 27 (17). Drieë: Johan Grobbelaar, Marcell Coetzee, Strafdrie. Strafdoele: Chris Smith, Morné Steyn. Doelskoppe: Smith (2).
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie