Ierland kom tweede in A-spanne se reeks
Krieket
Die reeksoorwinning met 2-1 in die Castle Lite T20’s was dalk nie ’n verklaarde doelwit nie, maar sou Namibië se afrigter Pierre de Bruyn gister heel tevrede laat voel het.
Die Ierse Wolwe-toerspan se 165 vir vyf in 20 boulbeurte teen 8.25 lopies per boulbeurt was gistermiddag by Wanderers opnuut ’n goeie opbouende les vir Namibië se A-span (169/2 in 17).
’n Pragbeurt van die speler van die wedstryd Nicol Loftie-Eaton (74 nie uit nie van 46 balle, twee viere, ses sesse) en die geskoolde kolf van kaptein JJ Smit (63* van 31 b, 2x4, 6x6) het vir ’n 123-vennootskap en ’n welverdiende sege met agt paaltjies in 16.6 boulbeurte gesorg.
Smit het sy vyftigtal met net 29 aflewerings opgestel en Loftie-Eaton het 33 vir sy 50 nodig gehad.
Smit was agterna tevrede met die beter vertoning as toe hulle die vorige dag met 32 lopies aan die kortste ent getrek het. “Ons het vandag baie beter gespeel. Die boulers het goed begin en so ook in die laaste boulbeurte terwyl ons in die middelbeurte ook nie konsentrasie verloor of goedkoop lopies weggegee het nie. Ek en Nicol het besluit om tot die einde saam deur te druk.”
Namibië se boulers het gister veral strate beter as Dinsdag geëindig toe die besoekers in die laaste vier boulbeurte vir Ben Shikongo en Tangeni Lungameni teen 16.5 lopies per boulbeurt vir 66 gemoker het..
Die betreklik onervare Namibiese kombinasie het soos in die vorige twee Castle Lite T20-wedstryde by Wanderers sy aanvangskolwers vir 15 lopies (24 balle) teen die Iere se gesoute boulers verloor.
Namibië kon in die eerste vyf beurte net teen 3.6 lopies per beurt behaal. Die vereiste 8.3 wat die Namibië per beurt moes aanteken, het skielik tot 9.86 gestyg. Boonop het hulle Lohan Louwrens verloor (18/1).
Balt (9 van 20 balle) het net mooi gemaklik begin lyk, maar is ná ’n waaghalsige hou uitgevang nadat hy twee balle tevore ’n ses van Graham Hume geslaan het. Dié verwikkeling het Namibië op 62/2 ná 5.5 boulbeurte gelaat.
Van die elfde tot die 15de het Loftie-Eaton en Smit hul stempel met 64 lopies teen 12.8 per beurt afgedruk. Hul algehele koers van 8.4 was oor 15 was genoeg om die vereiste tempo tot agt te verminder (126/2).
Oplaas moes die aspirerende Eagles nog 40 van 30 balle aanteken om te wen, maar hul kolfduo voor die penne het ’n veel meer opwindende einde in gedagte gehad. Net elf is in die 16de bygevoeg, maar in die 17de is Josh Manley se lewe met 32 lopies versuur wat vier grenshoue, sewe wydlopers en ’n enkellopie insluit. Smit met drie sesse was voor in die koor met Loftie-Eaton wat een bygedra het.
Loftie-Eaton is as speler van die wedstryd vir sy 74* en een paaltjie aangewys.
Vyftien wydlopers aan die Ierse kant het Namibië se opmars na die wentelling van 169/2 ná 16.5 boulbeurte verhaas (10.03 per boulbeurt).
Vir die Wolwe het Hume (1/52 in 3.5 teen 13.56) en Manley (1/24 in 4 tn 6) met die bal geslaag. Peter Chase (19 lopies in 3 beurte tn 6.33), Ben White (29 in 3 t 9.66) en Curtis Campher (43 in 3 tn 14.33) se aanslag was vrugteloos.
Jeremy Lawlor op twee en Stephen Doheny op drie het uitstekend gekolf, maar net hul kaptein en paaltjiewagter Neil Rock kon met dubbelsyfers saamgesels. Drie paaltjies is vir net agt lopies deur die Eagles geoes wat ’n beslissende demper op die besoekers se stamina geplaas het. Lawlor en Matt Ford is binne drie balle in die tiende deur Ya France terug kleedkamer toe gestuur.
So het die Iere gekolf
1 Murray Commins (1, 4 b, gevang Balt, geboul Ben Shikongo)
2 Lawlor (45, 34 b, 4x2, 2x6, geboul Picky Ya France)
3 Doheny (74*, 54 b, 5x4, 2x6)
4 Matt Ford (1, 2 b, been voor paaltjie Ya France)
5 Curtis Campher (6, 8 b, geboul Loftie-Eaton)
6 Rock (22, 17 b, 2x4, gevang Shikongo, geboul Mauritius Ngupita)
7 Shane Getkate (3*, 2 b)
Ekstras 13 (1 loslopie, 2 bylopies, 1 foutbal, 9 wydlopers)
Val van paaltjies: 1/2 (Commins, 0.5), 2/68 (Lawlor, 9.2), 3/70 (Ford, 9.5), 4/93 (Curtis Campher, 12.6), 5/155 (Rock, 18.6).
Namibië se boulsyfers: Ya France met 2/27 in t 6.75 was die Eagles se skerpste bouler. Ngupita (1/23 in 3 t 7.66), Loftie-Eaton (1/32 in 3 t 10.66) en Shikongo (1/36 in 3 t 12) het hom goed ondersteun. Louis Peters het sy eerste twee internasionale T20-boulbeurte vir 0/14 afgestuur en Dylan Leicher se 1 bb het net twee lopies gekos.
Die besoekers teken net 15 grenshoue (11x4, 4x6 vir 68) teen Dinsdag se 20 (92 lopies) aan. ’n Bewys van die Eagles-boulers se akurate vasberadenheid. Namibië slaan 18 grenshoue (5x4, 13x6 vir 98).
Namibië se A-span gister: 1 Lo-han Louwrens (paaltjiewagter), 2 JC Balt, 3 Nicol Loftie-Eaton, 4 Shaun Fouché, 5 JJ Smit, 6 Dylan Leicher, 7 Ruben Trumpelmann, 8 Picky Ya France, 9 Ben Shikongo, 10 Louis Peters (internasionale T20-debuut), 11 Mauritius Ngupita.
FRANCHISE-HOOGTEPUNT
Voordat die A-spanne van Ierland en Namibië vanaf komende Dinsdag hul mededinging in die Castle Lite-reeks van vyf eendagwedstryde hervat, wag eers ’n besige naweek op die plaaslike spelers.
Die vier spanne in die gewilde Richelieu T20-reeks takel mekaar vandag en môre by die United-veld in die beslissende wedstryde om te bepaal wie in Sondagmiddag se eindstryd betrokke sal wees.
Gerrie Snyman word volgende maand 41 en het in Februarie 2018 laas vir Namibië gespeel, maar as ’n genooide speler vir die King Price-span het hy laas naweek die arme boulaanval van die MR24/7 Namspire-span moedeloos geslaan.
Snyman (84 van 47 balle) en JP Kotzé (64 van 28 balle) het saam 112 lopies in net 8.5 boulbeurte geplunder voor laasgenoemde uitgevang is en het elkeen sewe sesse oor die grenstou geklap.
Met JJ Smit (57 van 28 balle, 3x6) en Pikky ya France volgende op die kolflys, het die King Price-manne met ’n imponerende wentotaal van 237/3 gewys dat enige opponent die geluk aan sy kant sal moet hê om hulle uit die finaal te hou.
Die trots van Namibië se Eagles en die beste ontluikende talent in die land is eweredig in die vier spanne in die franchise-toernooi verdeel en as die weer saamspeel, kan toeskouers verseker wees om krieket van hoogstaande gehalte te sien (wedstrydprogram hiernaas).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie