Ierland A kom toets plaaslike diepte
Krieket
Die nasionale A-spanne van Krieket Ierland en Krieket Namibië sal vanaf Maandag tot 5 April in drie T20- en vyf eendagwedstryde in Windhoek teen mekaar te staan kom.
Die Irish Wolves se inkomende toer gee Pierre de Bruyn, Namibië se hoofafrigter van die nasionale, die geleentheid om spelers aan die buiterand van die Eagles se kerngroep op die proef te stel.
De Bruyn sê vier van die gereelde Eagles-staatmakers is boonop ná die pas afgelope besoek aan die Verenigde Arabiese Emirate beseer.
Gerhard Erasmus (kaptein) het dieselfde regterringvinger as tydens verlede jaar se T20 Wêreldbeker gebreek, terwyl paaltjiewagter en aanvangskolwer Zane Green en die twee veelsydige spelers Michael van Lingen en Jan Frylinck ook skete het wat ruskans kan verg.
David Wiese se insluiting beteken die reisende T20-spesialis kan die eerste keer vandat die oral gewilde voormalige Protea in 2021 vir Namibië begin speel het, in sy geboorteland in aksie gesien word.
“Ek het ’n vergrote groep spelers gekies wat ons teen die Iere sal gebruik. Namibië speel dus ook met ’n A-span en nie die senior span wat die mense ken nie.
“Ek wil graag sien waar die jong manne in die toekoms kan inpas. Ons het leemtes by die Eagles geïdentifiseer en die botsings teen die Iere is die ideale omstandighede om spelers in wedstrydtoestande te beproef.
“Die blootstelling is daar vir die spelers om hul hand op te steek en in die span te vestig. Met die lae standaard van klubkrieket kan ek nie ‘n speler weeg nie,” het De Bruyn verduidelik.
Die Namibië- A oefengroep: Gerhard Erasmus, JJ Smit, Jan Frylinck, Karl Birkenstock, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz, Nicol Loftie-Eaton, Craig Williams, Michael van Lingen, Stephen Baard, Ruben Trumpelmann, Zane Green, David Wiese, Picky Ya France, Ben Shikongo, Mauritius Ngupita, Lohan Louwrens, Louis Peters, Shaun Fouché, Divan la Cock, Dylan Leicher, Malan Kruger, JC Balt.
• Die Ierse Wolwe se toer, asook die daaropvolgende inkomende besoek deur Uganda in Windhoek (8-13 April) word beide deur Castle Lite geborg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie