ICC gee Erasmus 2022-toekenning

Krieket
Die Namibiese kaptein was beskeie en het die ondersteuning van sy spanmaats en afrigterspan ook uitgewys.
Tielman Van Lill,Andrew Poolman
Gerhard Erasmus is deur die Internasionale Krieketraad as die topspeler vir 2022 uit krieketlande met ICC-assosiaatstatus aangewys.

Die hoogs gerespekteerde kaptein van die Namibiese Richelieu Eagles het sy span op uitsonderlike wyse in beide witbaldissiplines gelei met verskeie deurslaggewende kolf- en boulvertonings, ondanks terugslae om ’n gebreekte vinger te bowe te kom.

Sy gewese spanmaat Craig Williams, wat in September verlede jaar uitgetree het, sê: “Hierdie is ’n massiewe eer vir Namibiese krieket. Sover ek weet in my speeldae vir die nasionale span (vanaf 2007) was Namibiërs al finaliste, maar Gerhard is die eerste wat die prys inpalm.”

Onder Erasmus se kapteinskap het die Eagles verlede jaar 13 van hul 21 internasionale eendagwedstryde (ODI’s) ingepalm (wenpersentasie 61.90).

Erasmus was gister beskeie in sy reaksie: “Dis vir my ’n groot eer om hierdie toekenning van die ICC te ontvang. Ek het ’n goeie jaar met die bal en kolf beleef en moet my spanmaats en die afrigtingspan vir hul ondersteuning en bydrae tot my sukses bedank.

“Ek reken my beste ODI-kolfbeurt was sekerlik teen Oman in Dubai – veral omrede ons nogal diep in die moeilikheid met die kolf was.

“Dit was ook ’n hoogtepunt om lopies te kon bydra teen Zimbabwe in Bulawayo, om Namibië se eerste internasionale T20-reeksoorwinning teen ’n toetsspelende land te bewerkstellig.

“Die ander hoogtepunt was om aan die T20-Wêreldbeker in Australië deel te neem (en die openingswedstryd teen nóg ’n toetsland, Sri Lanka, te wen).”

GROOT VERTONING

In moontlik die beste individuele vertoning wat in die Krieket Wêreldbeker Liga 2-siklus (2019-2023) gesien is, het Erasmus sy span uit die moeilikheid gesleep teen Oman by die ICC Akademie in Dubai (6 Maart 2022).

Met sy span wat eerste kolf, het Erasmus op 34/2 in die tiende boulbeurt ingestap, maar die druk was gou nóg feller aangesien die linkerarm snelboulwerk van Bilal Khan (4/42) verwoesting gesaai het.

Bilal en Kaleemullah het lewe uit die oppervlak gehaal om op 53/7 hul voet op die nek van Erasmus en die stertkolwers te kry.

’n Agtstepaaltjie-vennootskap van 50 lopies met Nicol Loftie-Eaton het die herstel begin en Erasmus het ’n ewe vasberade vennoot gevind in nommer 10 Bernard Scholtz (30 van 52 balle).

Erasmus het sy vyftigtal met sy 75ste bal behaal, voor hy die krane oopgedraai het na sy eerste eendaghonderdtal van 121 nie uit nie (120 balle) in ’n Namibiese totaal van 226.

In die veld het Erasmus se kapteinskap ook help verseker dat die Eagles die oorhand gekry het. Ses van die sewe boulers het paaltjies geneem om Oman vir slegs 116 uit te haal – ’n merkwaardige oorwinning met 110 lopies.

Erasmus was die ooglopende keuse as speler van die wedstryd.

DAVID WIESE

Erasmus en sy mede-Namibiër, David Wiese, is tans spanmaats vir die Gulf Giants in die Internasionale Liga T20 (ILT20) in die VAE, wat as die tweede rykste T20-liga ná die Indiese Premierliga bekend staan.

Met net een nederlaag sover uit vyf wedstryde (voor gister se ontmoeting met die Abu Dhabi Knight Riders) bevind die Giants hulle gelyk boaan die punteleer.

Wiese het Maandagaand sy hoogste telling van die reeks in Dubai aangeteken (35 van 29 balle, 3x4, 1x6), maar toe hy uitgevang is, was dit vir alle praktiese doeleindes die einde van die Giants se wenkanse teen die Sharjah Warriors.

Die Giants se lopiejaagtog na 152 om te wen, het lelik teëspoed gekry teen die tyd dat Wiese ná 7.1 boulbeurte ingestap het met sy span se totaal op 30 vir ses. Die oranje span is uiteindelik tot 130 almal uit beperk en die nederlaag met 21 lopies was hul eerste bloedneus van die reeks.

As naatbouler is die uitgeslape Wiese tans een van die voorste paaltjienemers in die reeks. Sy sewe paaltjies (voor gisteraand) word net deur sy Giants-spanmaat, Chris Jordan van Engeland (10), en die Desert Vipers se Wes-Indiër, Sheldon Cottrell (8), oortref.

Wiese se ekonomie per boulbeurt (7) was teen gister sewende op die reeks se lys van algehele bestes.

Ná net drie verskynings (en kolftellings van 1, 52 en 3) het die Giants in hul laaste twee wedstryde sonder Erasmus gespeel.

Die Giants se volgende wedstryd is môre om 16:00 teen die derde geplaaste MI Emirates in Dubai.

[email protected]; www.icc-cricket.com

Kommentaar

Republikein 2024-06-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 12° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 10° | 26° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:36, High tide: 14:05, Low Tide: 19:43, High tide: 02:00 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:03, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:02, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Rehoboth: 7° | 26° Mariental: 9° | 28° Keetmanshoop: 9° | 25° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 8° | 25° Oranjemund: 12° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 11° | 25° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 11° | 18° Durban: 15° | 21° Johannesburg: 10° | 19° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.99 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.3 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18 | USD to ZMW 25.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1780.52 Up +3.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9238.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.15/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 889.10/T UP 1.14% | Brent Crude Oil US$ 85.53/BBP UP +0.07% | Platinum US$ 980.80/OZ UP +0.77% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 12° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 10° | 26° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:36, High tide: 14:05, Low Tide: 19:43, High tide: 02:00 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:03, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:34, High tide: 14:02, Low Tide: 19:41, High tide: 02:00 Rehoboth: 7° | 26° Mariental: 9° | 28° Keetmanshoop: 9° | 25° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 8° | 25° Oranjemund: 12° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 11° | 25° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 11° | 18° Durban: 15° | 21° Johannesburg: 10° | 19° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.99 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.3 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18 | USD to ZMW 25.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1780.52 Up +3.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9238.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.15/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 889.10/T UP 1.14% | Brent Crude Oil US$ 85.53/BBP UP +0.07% | Platinum US$ 980.80/OZ UP +0.77%