Hongkong voel Eagles se greep

Krieket
Die Asiatiese span het gister gesukkel om met die Namibiërs huis te hou.
Tielman van Lill
Die talentvolle 21-jarige Nicol Loftie-Eaton is as speler van die wedstryd aangewys toe die Richelieu Eagles (280/9 in 50 boulbeurte) gister hul tweede eendagwedstryd (van drie) in die Castle Lite-reeks by die United-veld met 163 lopies teen Hongkong (118 almal uit in 41.5) verseker het.

Loftie-Eaton het nie net sy breë kolf laat praat vir ’n uitmunde 80 van 77 balle (8x4, 1x6) nie, maar het met sy draaiballe ook 2/28 in agt boulbeurte geneem en twee vangskote raakgevat.

Justin Kemp, hulpafrigter van Namibië en gewese mokerman van die Proteas, sê as mens krities moet wees, kon die tuisspan nog meer lopies aangeteken het, terwyl ’n groot motivering vir die Eagles-kolwers bly om honderdtalle af te rond en nie deur hul vingers te laat glip nie.

“Andersins reken ek ons het goed geskarrel om 280 te haal. Dit was ’n goeie kolfblad en ’n vinnige buiteveld, maar Hongkong het goed geboul.

“Vir ons om met so ’n groot verskil te kon wen, vertel die verhaal van hoe goed die manne saamgetrek het. Hulle het besonder goed geboul.”

Volgens Kemp sal sommige spelers met moontlike beserings geëvalueer word, van wie die veelsydige JJ Smit een is. Met die reeks reeds gewonne, kan moontlik geleenthede vir spelers aan die buiterand van die groep ontstaan om in Sondag se derde en laaste wedstryd te speel.

“Ons wil beslis Sondag weer wen. Vir dié groep gaan dit daaroor om ’n standaard vol te hou, om deurentyd goeie vertonings te lewer en die maatstawwe hoër te lig.

Hongkong se afrigter Trent Johnston, voormalige snelbouler van Australiese afkoms wat sy internasionale krieket vir Ierland gespeel het, was min tevrede met sy span se vertoning op die dag.

“Dis ooglopend dat Namibië ’n span van hoë gehalte is, wat die afgelope maande baie krieket gespeel en by ’n Wêreldbeker uitgeblink het.

“Met dit gesê, ons vertoning was nie wat ons verwag het nie. Die 280 wat Namibië opgestel het, het haalbaar gelyk, maar ons kolfpoging was bra ondergemiddeld. Daar is geen verantwoordbaarheid ten toon gestel nie, of waarde aan ons paaltjies geheg nie, en dit word op die telbord weerspieël.

“Namibië is met 2-0 voor in die reeks en dis welverdiend.”

Johnston was in sy skik met die boulvertoning van Mohammad Ghazanfar (2/42 in 10).

“Ons boulvertoning was reeds ’n verbetering in vergelyking met die eerste dag, soos ek weet ons in staat is. Ons het met tye goeie veldwerk gedoen, maar ons sal in al drie aspekte van die spel ons kant moet bring as ons Sondag aan die wenkant wil wees.”

Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Namibië se aanvangskolwer Lo-han Louwrens het 63 lopies van 60 aflewerings geslaan met ses viere en een ses.

Gerhard Erasmus, kaptein van die Eagles, met 35 (54 b, 2x4, 1x6) het goed gelyk voor hy hom met ’n aflewering van Mohammad Ghazanfar misgis het wie hom skoongeboul het.

Haroon Arshad (4/72 in 10) is Hongkong se voorste bouler vir die dag. Mohammad Ghazanfar (2/42 in 10, 1 leeg), Aizaz Khan (1/44 in 8), Ayush Shukla (1/46 in 6, 1 leeg) en Ehsan Khan (1/46 in 10) het die ander paaltjies ingeoes.

Hongkong moes teen gemiddeld 5.62 lopies per boulbeurt kolf om te wen en het wel teen 6/bb weggespring. Maar teen die agtste boulbeurt was drie paaltjies plat (29/3) en die lopietempo het na 3.62 begin afsak.

Met die Hongkong-kolwers onder druk kon hulle nie weer momentum bewerkstellig nie en hul lopietempo het net-net bo 3 gehuiwer. In die laaste tien boulbeurte moes Hongkong 168 lopies van 60 balle (16.8 per bb) slaan.

Aanvangskolwer Adit Gorawara (32 van 58 b, 4x4, been voor paaltjie Bernard Scholtz) was die enigste kolwer wat die Namibiese boulers kon aanvat.

Die Eagles-boulers was in die kol met hul lyn en lengte. Ruben Trumpelmann (1/34 in 7, 1 leeg), JJ Smit (2/3 in 4, 2 leeg), Jan Frylinck (1/11 in 4), Tangeni Lungameni (1/9 in 4.5), Pikky Ya France (2/21 in 10, 3 leeg), Bernard Scholtz (1/10 in 4, 1 leeg) en Loftie-Eaton (2/28 in 8) was puik met die bal in die hand.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.24/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 982.00/T DOWN -0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.17/BBP DOWN -0.0012 | Platinum US$ 1 070.23/OZ UP +0.03% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.24/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 982.00/T DOWN -0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.17/BBP DOWN -0.0012 | Platinum US$ 1 070.23/OZ UP +0.03%