Henk soek twee vir vroue-aflosspan

Atletiek
Geleenthede vir hoër louere is op die horison vir die land se beste baan- en veldatlete.
Andrew Poolman
In die afwesigheid van die bewese wêreldklas naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi word die soeknet gespan vir talentvolle vrouenaellopers om ’n mededingende 4x100 meter aflosspan saam te stel. Mnr. Henk Botha, afrigter van die twee Olimpiese 200-finaliste in Tokio 2020, sê die onbeskikbaarheid van die nasionale kampioen in die 100 meter, Jolene Jacobs, dra by tot die dilemma. “Jolene is tans beseer en ons weet ook nie hoe op stryk Ané Rautenbach is nie, wat lanklaas gehardloop het nadat sy van ’n besering herstel het,” sê Botha. By Atletiek Namibië se nasionale kampioenskap van April 2021 het Mboma, Rautenbach, Jacobs en Masilingi die nasionale 4x100-aflosrekord tot 44.77 gesnoei. Dit was egter voordat Mboma en Masilingi vir die eerste keer in die Europese seisoen gaan meeding en sedertdien op skouspelagtige wyse van krag tot krag gegaan het. Beide het in die 200 meter die eindrondte van die Olimpiese Spele in Tokio gehaal en onderskeidelik tweede en sesde geëindig. Hierdie nasionale rekord het egter net tot Augustus bly staan, toe Ndawana Haitembu, Masilingi, Nandi Vass en Mboma by die o.20-wêreldkampioenskap in Nairobi met ’n puik 43.76 ’n silwermedalje vir Namibië gewen het. “Ons werk definitief daaraan om ’n vroue-aflosspan bymekaar te sit. Ons wil minstens twee kompetisiegeleenthede aanbied voor die senior Afrika-kampioenskap (6-12 Junie in Mauritius).”

NASIONALE KAMPIOENSKAP WINK Atletiek Namibië hou sy nasionale kampioenskap op 2 en 3 April in Windhoek. Voor dit lê nog drie Grand Prix-byeenkomste voor – 19 Februarie op Rietfontein (nommer 4), 5 Maart op Oshakati (nr. 5) en ’n onbevestigde venue vir nr. 6 op 16 Maart. By afgelope naweek se Grand Prix III in Windhoek se Onafhanklikheidstadion het Johanna Ludgerus (Korrektiewe Dienste) die 100 meter vir vroue in 12.31 sekondes voor Hanganeni Fikunawa (12.51) van Unam en die skoolmeisie Epifania Johannes (Kakadhinwa-klub, 12.67) gewen. Ludgerus het haar egter kort tevore ook in die 400 uitgeput vir ’n tweede plek (58.56) ná die wenner Nandi Vass (58.19). Om die dag af te sluit het, Unam se kwartet, insluitend Fikunawa en Vass, die 4x100 aflos in 49.74 teen Kakadinwa gewen.

NARIB MIK NA STATEBONDSPELE Ernst Narib, wat laas naweek die 100 meter in 10.60 gewen het, sê hy werp alles in die stryd om vir die Statebondspele in Birmingham te kwalifiseer. “Dit is al sedert 2019 my groot doelwit om vir die Statebondspele te kwalifiseer, die finaal te haal en ’n medalje te wen. Dis darem so ’n klein vlak onder die Olimpiese Spele en lyk dus meer bereikbaar. “Die Afrika-kampioenskap in Mauritius is ook in my visier. By vorige Afrika-kampioenskappe het ek in die semifinaal uitgeval, maar vanjaar wil ek die finaal haal. “Ek is op ’n ouderdom (31) waar ek nie meer te veel jare oor het om dalk vir die groot medaljes te kan meeding nie.” Narib het reeds gewys hy is ’n faktor in die 100, 200 en 400 meters met beste tye van 10.29 (laasjaar in Februarie, Windhoek), 20.62 (April 2021 in Lusaka) en 46.17 (2014 in Potchefstroom). Hy sê hy put inspirasie uit Wayde van Niekerk wat ewe veelsydig in hierdie afstande meegeding het voor sy Olimpiese goud en wêreldrekord in die 400 meter. “Ek het laas Saterdag die nuwe jaar in die 100 begin, maar dit is net deel van my opbou om waarskynlik my fokus op die 200 meter in te stel, waar my tye die naaste is om vir Statebond- en Afrika-semifinale en -finale mee te ding.” Narib, wat laasjaar die nasionale 100-titel in 10.73 gewen het, sê hy was Saterdag beïndruk deur die skoolseun Anthony Vries (10.62), vir wie hy net-net geklop het. “Ek dink die outjie het baie potensiaal en kwalifikasie vir die junior wêreldkampioenskap is binne sy bereik. Ons oefen saam by (afrigter) Lucky Gawanab. • In die 400 meter het Mahmad Bock Saterdag net-net die manswedloop teen André Retief gewen en hoewel hulle tye nie indrukwekkend was nie (48.10 teen 48.07) het Bock agterna verklaar dat hy ook elke dag daaraan werk met die Statebondspele in die oog. “Ek het nog werk om te doen. Ek beoog om bietjie later my piekvorm te bereik. Die kwalifiserende tyd (45.5) is net breukdele weg van my persoonlike beste (46.2) en ooglopend is dit binne my bereik.” Ander noemenswaardige en ambisieuse wenners van Grand Prix III sluit in die 1500m-manswenner Dawid Dam van Omaruru (4:01.13), die Paralimpiese verspringer Bradley Murere (6.09m) en die 17-jarige Saara Shikongo van Kakadinwa-klub in die 1500 meter (4:40.52).

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%