Hele land se klubs by Skougronde
Karate
Die Namibiese Karatefederasie bied sy jaarlikse nasionale kampioenskap by die Windhoek Skougronde se hokkiesaal aan.
Vandag se program (15:00 tot 19:00) is vir die deelname van die seniors en onder 21’s.
Saterdagoggend ná die openingseremonie (08:00) begin die kompetisie om 08:30 vir die ouderdomsgroepe vanaf tien tot 17 jaar oud en behoort tot omstreeks 15:00 te duur.
Klubs vanoor die hele land, insluitend Erongo, ||Karas, Kavango-Wes, Oshikoto, Otjozondjupa, Hardap en Khomas, word verteenwoordig in die kompetisie vir alle karatestyle.
Die kompetisie word ook in beide kumite (gevegte) en kata (stylvertoon) gehou. Teen gister was reeds sowat 370 inskrywings ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie