Harde werk vir Loosers in Marokko
Bergfietsry
Namibië se Vera Looser en haar Switserse man Konny Looser is beide in podiumposisies ná die halfpadmerk van die sesdaagse Skoda Titan Desert bergfietstoer deur Marokko.
Spanje se Anna Ramirez het die eerste en derde skofte gewen, en hoewel Vera vooraan die tweede skof klaargemaak het, was die toervoorloper kort op haar agterwiel en het dit nie juis ’n impak op die tydverskil gemaak nie.
Die Namibiër het Dinsdag tydens die plat roete van die derde skof vasberade agter die kragtige Spanjaard vasgebyt om net 30 sekondes later klaar te maak, hoewel Ramirez se voorsprong na dese reeds bykans vyf minute is. Laasgenoemde het reeds van vroeg op die eerste dag af haar stempel op die opposisie afgedruk.
Intussen bevind Vera se eggenoot Konny hom ook in die tweede posisie van die mansresies, net drie sekondes agter die voorloper Francisco Herrero (10 ure 48 minute 50 sekondes).
Gister se skof sou 116 km lank wees.
• Die toer is Dinsdag geskud deur die bekendmaking dat Ernesto Escolano, ’n 50-jarige amateurryer van Spanje, in die hospitaal beswyk het nadat hy hartprobleme op die warm dag van die tweede skof ondervind het. Hy het ná 82 km van die 102 km-afstand mediese behandeling gekry voordat hy na die hospitaal in Marrakesj vervoer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie