Gunstelinge kom nie by Harmse verby
Gholf
Pieter Harmse (regs) van Tsumeb was Sondag ’n ietwat verrassende kampioen in die Bank Windhoek Noorde Ope gholfkampioenskap by Tsumeb gholfklub se baan aangebied is. Met ’n puik tweede rondte van 69 het Harmse die twee dae se toernooi met ’n bruto telling van 149 afgesluit. ’n Sterk oostewind het sake deurgaans vir die spelers bemoeilik – selfs vir die ervare spelers vir wie Tsumeb hul tuisbaan is, soos Ian Hayward (191 oor die twee dae). Walter Heibeb (Tsumeb) het met 152 houe afgesluit, Paulus Shimoshili (Grootfontein) met 153 en Willem Hanamub (Tsumeb) ook met 153 teenoor van die gerekende besoekers soos Stefanus Bonifatius (Rössmund, 154) en Kevin Wentzel (Walvisbaai, 167). Likius Nande, die onlangs bekroonde FNB Namibiese Ope-titelhouer, het Donderdagaand sy inskrywing onttrek. Links staan mnr. Johann Schroer, bestuurder van Bank Windhoek op Tsumeb.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie