Groep na WB 2023 het geharde kern

Rugby
Twee name moet nog gevoeg word by die 31 wat gister uitgelees is.
Andrew Poolman
Namibië het 31 van sy 33 spelers vir die naderende Wêreldbeker-rugbytoernooi aangekondig.

Net twee hakers en vier stutte is aangewys en dit word aanvaar dat die bykomende twee spelers in hierdie twee posisies sal wees.

Afrigter Allister Coetzee het tydens die aankondiging gesê goedkeuring vir twee spelers (een vir mediese redes en een vir nasionale dokumente) moet nog afgehandel word.

Gihard Visagie, haker van die Franse klub Nantes, het tydens die afgelope toer na Suid-Amerika ’n kuitspier beseer.

Obert Nortjé (Wanderers), ’n lid van die 2019 Wêreldbekerspan na Japan, het onlangs weer vir Wanderers begin speel en is klaarblyklik terug in die prentjie onderhewig aan goedkeuring vir die mediese toestand wat hom in Maart vanjaar genoop het om sy uittrede aan te kondig.

Indien nie een van dié twee die groen lig kry nie, kan Wikus Jacobs van Grootfontein of Gerhard Thirion van United die oproep kry.

Herman Agenbag, vaskopstut van Dallas Jackals en gewese SA Skole-stut wat op grond van afkoms kwalifiseer, was vir die toer na Suid-Amerika gekies, maar kon weens uitstaande dokumente nie saam vertrek nie.

Coetzee-hulle probeer vermoedelik in hierdie laat stadium steeds om die 23-jarige stut se dienste te verseker.

ERVARE KERN

Afrigter Coetzee het gister by die nuuskonferensie vertroue uitgespreek in die spankultuur wat deur die ervare leierskorps gekweek word, terwyl hulle ook op die speelveld die toon aangee.

Die 39-jarige Pieter-Jan van Lill, reeds die oudste toetsspeler in die land se rugbygeskiedenis, is vir sy vierde Wêreldbeker gekies nadat hy reeds in 2011, 2015 en 2019 die land verteenwoordig het. Sy viertal ewenaar die Namibiese rekord wat deur Eugene Jantjies (2007-2019) gehou word en as dit nie vir studies en ’n kniebesering was nie, kon Van Lill reeds in 2007, ’n jaar ná sy toetsdebuut, by die Wêreldbeker in Frankryk gespeel het.

Die toerkaptein Johan Deysel, onderkaptein Torsten van Jaarsveld, Aranos Coetzee, Wian Conradie, JC Greyling, Damian Stevens, Tjiuee Uanivi en Louis van der Westhuizen is almal vir hul derde WB-toernooi gekies.

Nog sewe spelers wat van die 2019-toernooi in Japan oorgebly het, is Adriaan Booysen, Prince !Gaoseb, Max Katjijeko, Cliven Loubser, Chad Plato, Johan Retief en Desiderius Sethie, terwyl Casper Viviers in 2015 na Engeland getoer het, maar nie in 2019 gekies is nie.

Richard Hardwick, in ooreenstemming met Wêreldrugby se veranderde regulasies, is soos verwag vir sy geboortelandf gekies nadat hy Australië se Wallabies in 2017 in twee toetse verteenwoordig het.

Afgesien van Namibië se professionele spelers met kontrakte oorsee, het twaalf verbonde aan plaaslike klubs die afsnypunt gehaal, van wie nege tydens die Mzansi-uitdaagreeks vir die Windhoek Draught Welwitschias gespeel het.

ONGELUKKIGES

Soos in enige Wêreldbekergroep is daar altyd diegene wat hulself as ongelukkig kan ag en op ’n mediavraag het Coetzee sommige van hulle uitgelig.

Die afrigter het egter uitgewys dat die amptelike kortlys nog nie uitgeklaar is van spelers wat op die kortlys gereed moet wees indien nodig nie.

“Dis altyd onmoontlik om 45 in 33 in te pas. Maar ’n week is lank in rugby en met ’n gemiddeld van twee beserings per wedstryd nie ongewoon nie, is dit nie onmoontlik dat sommige spelers van ons uitgebreide groep steeds betrokke kan raak nie. Dit is hoekom almal steeds voluit oefen asof hulle in die groep is.

“’n Mens voel egter jammer vir iemand soos Helarius Kisting, wat in ons toets teen Uruguay in Montevideo sy arm gebreek het. Ontydige beserings het ook tot die terugslag vir die stut André Rademeyer gelei.

“Die mees ongelukkige slot is Ruan Ludick, nadat Tiaan de Klerk sy hand opgesteek het met ’n puik vertoning in sy toetsdebuut teen Chili. Dis ook jammer dat Jay-Cee Nel (senter of heelagter van Griekwas) se dokumentasie nie betyds afgehandel is nie.”

Coetzee het gesê Namibië het nie dieselfde oorvloed van topgehalte spelers as groter rugbylande nie, maar streef nietemin om sy diepte te vergroot en vir die WB-groep om ’n duidelike fokus te hê.

“Ons mikpunt bly om twee wedstryde by die Wêreldbeker te wen. In ons toerwedstryde in Suid-Amerika het ons nie altyd goed begin nie, maar het nietemin sterk geëindig. Dit is die bemoedigende tipe karakter wat van binne die span kom en wat jy nie noodwendig kan afrig nie.”

DIE 31 GEKOSE SPELERS SOVER:

Heelagter: Divan Rossouw (Krasny Yar Krasnoyarsk).

Vleuels: JC Greyling (Wanderers), Gerswin Mouton (Reho Falcon en Wits Universiteit), Chad Plato (Kudus).

Senters: Danco Burger (Wanderers), Johan Deysel (kaptein), Le Roux Malan (New England Free Jacks), Alcino Izaacs (Unam).

Losskakels: Cliven Loubser (Utah Warriors), Tiaan Swanepoel (Leeus), Colomiers), André van der Berg (Wanderers, ook heelagter).

Skrumskakels: Damian Stevens (New Orleans Gold), Jacques Theron (Wanderers), Oela Blaauw (Universiteit van Johannesburg).

Losvoorspelers: Wian Conradie (New England Free Jacks), Adriaan Booysen (Dallas Jackals), Prince !Goaseb (Unam), Richard Hardwick (Melbourne Rebels, op pad na Ealing Trailfinders in Engeland), Max Katjijeko (Unam), Johan Retief (Griekwas).

Slotte: Tjiuee Uanivi (US Montauban, Frankryk), PJ van Lill (Capbreton Hossegor, Frankryk), Adriaan Ludick (Limoges, Frankryk), Mahepisa Tjeriko (Unam), Tiaan de Klerk (op pad van Mogliano in Italië na die Pumas).

Stutte: Casper Viviers (RC Baulois, Frankryk), Aranos Coetzee (Vrystaat-Cheetahs), Desiderius Sethie (Unam), Jason Benade (Unam).

Hakers: Torsten van Jaarsveld (Bayonne), Louis van der Westhuizen (Vrystaat-Cheetahs).

• Die NRU het gister ook nog nie die afrigting- en ondersteuningspan aangekondig wat die groep na Frankryk vergesel nie.

Namibië open sy toernooi op 9 September teen Italië, met sy ander groep A-wedstryde teen Nieu-Seeland, Frankryk en Uruguay.

Kommentaar

Republikein 2024-06-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.16 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.98/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 857.40/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 85.91/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 996.16/OZ UP +1.07% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.16 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.98/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 857.40/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 85.91/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 996.16/OZ UP +1.07%