Griekwas nou Janco se tuiste
Rugby
Die talentvolle Namibiese toetslosvoorspeler Janco Venter se tydjie sonder ’n rugbykontrak nadat hy onlangs deur die Londense klub Saracens vrygestel is, was net van korte duur.
Venter (27) is gister met trots deur die Windhoek Draught Griekwas Rugby-unie as een van sy nuwe aanwinste bekend gestel – kort op die hakke van ander aansluitings in die voorafgaande dae soos Godfrey Muzanargwo (slot of losvoorspeler van UWK in die Varsitybeker), Bobby Alexander (skrumskakel van die Westelike Provinsie), Malcolm Jaer (heelagter of vleuel van die Cheetahs en tevore die OP Kings), die senter Tertius Kruger (uit Hongkong en tevore die OP Kings en die Cheetahs), Eddie Fouche (losskakel of senter van die Pumas en tevore die Leeus) en Albert Liebenberg (gewese Maties-slot wat tot onlangs in Frankryk gespeel het).
Venter sluit aan by die Kwaste se reeds gekontrakteerde slot Johan Retief en word gevoeg by die lys van vorige Namibiërs wat vir Griekwas gespeel het, soos Danie Vermeulen, Hugo Horn, Johannes Theron, Janneman Brand, Hakkies Husselman, Jacques Burger, Jacky Bock, Danie Dames en Damian Stevens.
Venter het sedert sy debuut as 19-jarige teen Kenia in Windhoek as ’n onmisbare staatmaker met 33 toetse vir Namibië ontwikkel. Die Wêreldbekers van 2015 Engeland en 2019 Japan is hierby ingesluit en hy het die nasionale span verlede maand gehelp om ook sy plek by 2023 Frankryk te bespreek.
Sy rugbypad tot hier het ook deur spanne soos Windhoek Hoërskool, Namibië o.18 en o.20, Maties, Westelike Provinsie (4 wedstryde), die Engelse klub Jersey Reds (35 wedstryde van 2018 tot 2020) en daarna 12 verskynings vir Saracens in beide die premierliga en die Engelse kampioenskap geloop.
Griekwas het in Junie vanjaar vir die eerste keer sedert 1971 die eindstryd van die Curriebeker gehaal, waar hulle deur die Pumas geklop (26-19) is.
Onder afrigterskap van Pieter Bergh is daar sprake dat Griekwas in Oktober ook saam met die Cheetahs en die Pumas in die Toyota-uitdaagreeks in Bloemfontein kan speel, wat afhangend van onderhandelinge ook spanne uit Italië en Ierland kan insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie