Gladiators verbeter doelverskil
Vrouesokker
Ivone Kooper van Namibië se Brave Gladiators word gister deur haar spanmaat Juliana Blou (links) gelukgewens met een van haar twee doele in die oorwinning met 5-1 teen Eswatini by die 2022 Cosafa vrouesokkerkampioenskap in Gqeberha, Suid-Afrika. Verdere doele deur die spankaptein en speler van die wedstryd Zenatha Coleman, Memory Ngonda en Veweziwa Kotjipati het die Namibiërs se doelverskil ’n goeie hupstoot gegee om hul kanse lewend te hou om tot die semifinaal deur te dring, ondanks die vroeër nederlaag met 2-0 teen Zambië. Die Namibiërs onder kapteinskap van Emma Naris sal in hul oorblywende groepwedstryd môre teen Lesotho opnuut van ’n oorwinning moet seker maak – moontlik sonder Kotjipati wat gister met ’n kommerwekkende besering die veld verlaat het. Foto Shaun Roy/BackpagePix/Cosafa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie