Gladiators in topvier
Sokker
Ondanks die afwesigheid van ’n aktiewe liga, ontwikkelingsprogramme op grondvlak wat gestaak is en geen fokuspunt om nuwe spelers van te kies nie, het die Brave Gladiators gistermiddag vir Lesotho met 2-0 in hul derde en laaste groep B-wedstryd by die Cosafa-vrouekampioenskap verslaan.
Die Namibiërs het hierna met opgehoue asem gewag vir die groep A-kragmeting tussen Suid-Afrika en Mosambiek om hul lot te bepaal. Banyana Banyana moes Mosambiek óf verslaan óf gelykop speel, soos gister (1-1), vir Namibië om vir die eerste keer verby die groepfase te vorder.
Die Namibiërs het nog nooit tevore die uitklopfase gehaal nie – nie in 2018, 2019, 2020 óf 2021 nie.
Nou pak hulle Suid-Afrika Vrydag om 15:30 in die semifinaal in Gqeberha.
Die gedugte Zambië is die ander versekerde semifinalis vir Vrydag 12:00, teen die wenner van groep C.
Die wedstryd
Die Gladiators het traag begin, maar kon daarin slaag om ’n doel ná 11 minute aan te teken danksy Memory Ngonda.
In die tweede helfte het die Gladiators die doelnet gevind deur ’n langafstandskoot deur kaptein Zenatha Coleman, wat ook as speler van die wedstryd aangewys is vir haar uitsonderlike spel.
Die Gladiators kon hul voorsprong vergroot het aangesien hulle 10 skote na die doelhoek gerig het vergeleke met een deur hul teenstanders, maar verskeie doelkanse is verbrou.
LEERKURWE
Paulus Shipanga, afrigter, sê Lesotho het sy span beslis besig gehou.
“Hulle het sake nie maklik gemaak nie. Ons het kanse gehad wat ons verspeel het. Sommige spelers het uit hul posisie gehardloop, maar dis ’n leerkurwe vir baie spelers.
“Ons het beter gevaar as die vorige keer, so ons is tevrede. Dit was ’n moeilike groep. Daar is soveel verskillende speelstyle, so ons leer.”
BELANGRIK
Shipanga sê Afrika-sokker groei en toernooie soos dié verdien applous en ondersteuning.
"Ek bedank die vroue dat hulle vir ons iets wonderliks gegee het om na te kyk, en ek hoop ’n toernooi van dié omvang kan twee keer per jaar gehou word.”
Hy het bygevoeg dat hy sowat 14 spelers vir hierdie toernooi weggelaat het en nuwe jong spelers ingebring het.
“Ek bedank Cosafa dat hy die spelers blootstelling gee en hoop dat die toernooi nog jare kan voortduur.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie