Gladiators en Zim soek wenpunte
Vrouesokker
Namibië se Brave Gladiators hoop om vandag die doodskoot te kan plant in hul tweede wedstryd by die Hollywoodbets Cosafa vrouesokkerkampioenskap in Gauteng.
Die Namibiese sokkervroue speel vanmiddag (15:30) in die Dobsonville-stadion in Johannesburg teen Zimbabwe – die huidige voorloper in groep C danksy ’n 1-0 sege teen Lesotho.
Vrydag het die Namibiërs die eerste treffer aangeteken danksy Milicent Hikuam ná net sewe minute van hul openingswedstryd teen Botswana. Die buurland het egter in die 77ste minuut feesgevier toe hul kaptein Kesegofetse Mochawe ’n puik vryskop hoog in die Namibiese doelhok geplaas het.
Ná die Gladiators se oorheersing van die eerste helfte het waarnemers opgemerk dat hulle oënskynlik verward geraak het of hulle moet aanhou aanval, of liewer die voorsprong moet verdedig. Uiteindelik moes beide spanne met die 1-1 uitslag tevrede wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie