Frylinck terug, maar toer sonder Smit

Krieket
Afrigter Pierre de Bruyn het ook verras met die insluiting van CCD Tigers se Joshuan Julius.
Andrew Poolman
Die knaende kniebesering wat JJ Smit vir nog sowat ses maande op die kantlyn sal hou, asook die professionele T20-verpligtinge van David Wiese het twee van die mees hoëprofiel spanlede buite rekening gelaat vir Krieket Namibië se komende toer na Nepal.

Die terugkeer van die veelsydige linkerarm naatbouler Jan Frylinck is nietemin ’n welkome bonus vir die Namibiese Eagles vir die driehoekige eendagreeks teen Nepal en Skotland.

Frylinck het die vorige reeks tussen dieselfde drie spanne in Desember in Windhoek vanweë ’n enkelbesering misgeloop. Die ervare 28-jarige se vermoë om ’n verskil te maak, is welbekend, soos Sri Lanka kan getuig ná sy 44 lopies en 2/26 wat die gunsteling by verlede jaar se T20 Wêreldbeker gehelp skok het.

Een verrassende insluiting is die paaltjiewagter Joshuan Julius van CCD Tigers, ’n gewese nasionale o.19-speler wat nou 27 jaar oud is. Julius het sover dié seisoen net 69 lopies in vier wedstryde as ’n topkolwer vir sy klub in Krieket Namibië se eendagpremierliga aangeteken.

Indien Pierre de Bruyn sou besluit om op Julius se knoppie te druk, sal die afrigter waarskynlik hoop dat die CCD-speler op die groter verhoog sy spelvlak kan lig soos wat Michael van Lingen kan doen.

Van Lingen sukkel ewe veel met die kolf in klubkrieket as sy span Trustco United en het dié seisoen nog net ’n skamele 41 lopies in vier beurte as aanvangskolwer versamel. Nogtans het Van Lingen in sy laaste kolfbeurt vir die Eagles op 7 Desember in Windhoek 121 lopies (111 balle) teen Nepal aangeteken, en is met 12 paaltjies een van die voorste boulers in die klubliga.

WEGLATING

Die weglating van Niko Davin, wat sover 527 lopies in sewe klubwedstryde vir Wanderers teen vinniger as ’n lopie per bal gemoker het (gemiddeld 87), bly ook een wat die wenkbroue laat lig.

Die Namibiese kaptein Gerhard Erasmus is eweneens op dreef in die Internasionale Liga T20 in die Emirate, waar hy met veelsydige vertonings tot die sukses van die onoorwonne Gulf Giants bydra. Saterdagaand teen die Desert Vipers is hy vir 13 uitgevang, maat het later 1/1 in sy enigste boulbeurt geneem. Die Giants is reeds deur na die uitklopfase wat vandeesweek begin.

DIE MISSIE

Namibië is tans in die derde posisie uit sewe spanne in die Wêreldbeker Liga Twee (2019-2023), met 37 punte uit 30 wedstryde.

Die Eagles mik vir seker om as een van die topdrie direk hul plek na die kwalifiserende toernooi (Junie-Julie in Zimbabwe) vir die 2023 Wêreldbeker (Oktober-November in Indië) te verseker.

Die Namibiërs het laas in 2016 in Nepal getoer en het beide wedstryde teen die Asiërs verloor, wat onderskeidelik 196 en 240 suksesvol gejaag het.

Gerhard Erasmus, Lohan Louwrens, Tangeni Lungameni, Zane Green, Pikky ya France en Bernard Scholtz was in die toerspan wat in April 2016 die laaste keer na Nepal getoer het.

Nepal (tweede laaste op die puntelys, 18 punte ui 24 wedstryde) is klaarblyklik gereed om sy invloedryke draaibouler Sandeep Lamichhane terug te verwelkom ná ’n afwesigheid vanweë regsprobleme.

Skotland, wat boaan die kompetisie is met 46 punte van 32 wedstryde, is goed op dreef en het ook reeds sy toerspan na Nepal aangekondig.

Namibië se toerspan na Nepal:

Gerhard Erasmus (kaptein), Karl Birkenstock, Shaun Fouché, Jan Frylinck, Zane Green (paaltjiewagter), Joshuan Julius, Nicol Loftie-Eaton, Lohan Louwrens, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz, Ben Shikongo, Ruben Trumpelmann, Michael van Lingen, Helao Ya France.

Voor hul terugkeer sal die Namibiërs ook hul finale wedstryd teen Oman in Muskat afhandel, wat in Januarie 2020 weens die afsterwe van dié land se staatshoof uitgestel moes word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° #N/A #N/A