Freyer oorkom hitte-uitputting en wen Munga MTB

Bergfietsry
Namibië se eerste kampioen in die uitmergelende wedren vertel van sy ervaring.
Andrew Poolman
Twee dae, 08 ure, 36 minute is hoe lank dit Martin Freyer geneem het om die Munga MTB bergfietsresies oor ’n allemintige 1127 kilometer van Bloemfontein tot in Wellington te wen.

Sowat 150 ryers ryers het twaalfuur Woensdagmiddag in die Vrystaatse hoofstaf weggespring, totdat Freyer Vrydagaand by die eindpunt by die Doolhof-wynlandgoed op Wellington klaargemaak het.

Die Munga MTB staan bekend op die slagspreuk “die taaiste wedren op aarde” en het vir die eerste keer ’n Namibiër as kampioen.

Die 27-jarige Freyer se oorwinning sorg boonop vir die trotse voetnota dat Namibiërs vanjaar elk van die resiese in die franchise gewen het, ná Drikus Coetzee se oorwinnings in die Munga Grit Tankwa (500 km in 50 ure, in April deur die Karoo) met ’n wentyd van 22 ure 17 minute. In September het Coetzee dié prestasie opgevolg deur ook die Munga Grit Cradle van meer as 500 km (wentyd 21 ure 47 minute) in te palm wat by Ceres begin en geëindig het.

Freyer is geen onbekende in Namibiese fietsry nie, met een nasionale padfietskampioenskaptitel in 2018 toe hy Drikus Coetzee en Dan Craven in ’n finale naelresies geklop het, asook deelname in nasionale spanne by Afrika- en Statebondspeles.

Freyer, wat deesdae op Walvisbaai woon, het boonop hierdie ultra-afstand afgelê op een van Dan Craven se Namibiese vervaardigde Onguza-staalfietse sonder vering.

Die Munga MTB-kampioen het gister aan die koerant gesê dié afstand is verreweg die langste wat hy nog in ’n enkele wedren aangepak het. “Die vorige langste was die Nedbank Desert Dash (397 km) en die Munga is ook op ’n roete waarmee ek nie vertroud is nie.”

In sy eerste en enigste solo-Dash sover (afgesien van deelname in spanne van twee of vier) was Freyer in 2020 tweede ná Konny Looser, met ’n verskil van sowat 20 minute.

“Leonard Martin, ook van Walvisbaai, het die Munga omtrent vyf keer tevore klaargemaak en ek het dus goeie agtergrond van hom bekom, asook van Brian Brummer, ’n goeie vriend van my wat laas jaar tweede en die vorige jaar vierde klaargemaak het. Ek het dus insig gehad oor die afstande en wat om te verwag.

“Ek het dus uitgegaan met die ingesteldheid om dit te geniet om fiets te ry in ’n nuwe omgewing en nie noodwendig hoë verwagtinge of druk op myself te plaas om te wen nie. Ek het nietemin uitgesien na die uitdaging en die avontuur om die volle afstand te voltooi en so goed as moontlik klaar te maak.

“Die roete self was moeliker as wat ek verwag het. Daar was meer klimwerk as wat ek gereken het en die hitte en die wind was ook erger as wat ek gedink het. Dit het my nogal later begin vang.

“Ek het heelwat voorberei om vir so lank sonder slaap klaar te kom en die beplanning van die tydsberekening van maaltye. Om van Walvisbaai se koelte te kom, was inderdaad nogal ’n aanpassing by die hitte en die hoogte bo seespieël.”

Freyer erken daar was tye waarin hy werklik swaargekry het.

“Dis moeilik om spesifiek uit te wys wat die moeilikste aspek was, maar ek kan ’n paar uitwys.

“Van Fraserburg af het ek begin naar voel, maar het besluit om in die hitte voort te druk om my voorsprong bo die volgende ryers te behou. Ek dink ek het ’n hitte-uitputting opgedoen wat my naar gemaak het en ek kon dus vir omtrent ses ure niks eet nie en het net water gedrink.

“Daai ent teen ’n klim uit op pad na Sutherland was seker my laagste punt. Ek kon voel hoe ek al hoe stadiger ry namate my energievlak uit my bene wegraak. Ek het die vorige 36 ure nie geslaap nie en het vir ses ure niks geëet nie.

“Nadat ek tot in daardie stadium ’n goeie voorsprong van seker ’n uur-en-’n-half opgebou het, kon ek voel hoe die voorsprong verdwyn en hoe die algehele oorwinning dalk hier deur my vingers glip.

“Op Sutherland het ek dus besluit om slaap in te haal en te wag vir Franso (Steyn, die Suid-Afrikaner wat tweede geëindig het).

“Ek het daar regtig gevoel ek kan nie verder nie. Ek het my vrou gebel en sy het my aangemoedig. Ek het met my skoonpa gepraat wat ’n dokter is om te hoor wat ek moet doen. Ná die slaap het ek reeds beter gevoel. Franso het toe ook die kontrolepunt bereik.

“Terwyl ek op die pad naar gevoel het, het ek ook begin hallusineer. Ek het my verbeel ek sien diere. Of bossies wat my brein vir my sê diere is. Die slapeloosheid het my definitief begin vang.”

SEER VOETE

“Op dag twee het ek ook ’n probleem begin optel vanweë die feit dat ek water oor myself uitgegooi het om my af te koel.

“Die water het in my fietsryskoene geloop en so het ek vir omtrent 18 ure met nattigheid in my skoene gery. Hulle noem dit ‘trench foot’ ... jou voete verkreukel en dit is pynlik. Om fietspedale te trap, was bitter ongemaklik.

“Toe ons op Loxton aankom, het ek my sokkies opgehang om droog te word en my voete te laat rus.

“Die ent deur die Tankwa Karoo was ook ’n moeilike deel. Dit was die middel van die dag en bitter warm en die wind het baie hard gestoot, so ons het bitter stadig beweeg.

“Maar vir dié gedeelte het ek saam en Franso saam gery. Daarom dink ek nie dit was die heel hardste gedeelte nie, omdat jy dieselfde gesukkel met nog iemand deel. Dis waar die foto geneem is waar ek en Franso by die Tankwa Padstal langs mekaar op twee matrasse lê en slaap.”

EINDPOGING

“Op Sutherland het ek besef ek sal moet slaap en herstel as ek ’n kans wil behou om die resies te wen. Ek en Franso het toe van Sutherland af tot op Wellington saam gery.

“Ons het voor dit al ente saam gery en goed oor die weg gekom. Ons het lekker gesels en mekaar leer ken. Ek was ’n klein bietjie sterker as hy en Franso het gesê ek hoef nie vir hom te wag nie en hy gaan nie homself uitbrand om heelpad te probeer bybly nie.

“Dis hoe ek aanvanklik van hom af weggekom en ’n voorsprong opgebou het, totdat ek begin siek voel het.

“Agterna het Franso gesê hy was baie verlig om te sien dat ek op Sutherland geslaap en gerus het, want hy was bekommerd oor my. Hy het gesê hy het geweet dat ek ’n sterker ryer is en dat hy eintlik vir die tweede posisie veg.

“Franso het my ook gehelp om die laaste ent van Sutherland af weer aan die gang te kom. Oor ’n moeilike ent pad in hitte en met wind van voor het dit vir my nie sin gemaak om vir hom weg te ry en op my eie te sukkel nie. Algaande het ek ook my kragte begin terugkry en kon ek langer tye voor ry teen die wind.

“Teen hierdie tyd was ons ook al goeie vriende en ek het beslis die geselskap geniet van iemand om mee saam te ry. Ek wou hom ook nie eintlik alleen laat nie. Ons het nie spesifiek daaroor gepraat nie, maar ek dink daar was ’n onuitgesproke aanvaarding dat ek die resies sou wen.

“Teen daardie tyd was ons al verby die Munga MTB se rekordtyd om die afstand in minder as twee dae te ry en ek hoef dus nie meer die rekord te gejaag het nie. Ek het geweet ek kan wen, maar ons het besluit om saam te werk om die wedren klaar te maak.

“Van die laaste atletedorpie af het ek oor ’n laaste klim weer so twintig minute onder hom uit gery en ek kon van daar af alleen eindstreep toe gery het, maar ons het mekaar so goed verstaan en mekaar gemotiveer.

“Op die laaste afdraand na die eindstreep was ek vinniger en dit het dus vanself so uitgewerk dat ek die resies sowat een minuut voor hom gewen het. Ek het egter in Franso ’n vriendskap gevind wat ek altyd sal saamdra. Hy het my ook genooi om by hul familiewoning oor te slaap voordat ek terug huis toe vlieg.”

• Ander Namibiese voltooiers van die 2022 Munga was Henning van Wyk (vyfde), MC Dreyer (sesde), Leonard Martin en Jan van Blerk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51%