Finaal teen Kenia: Resep ‘is in ons DNS’

Rugby
Die sewende opeenvolgende Wêreldbeker-deelname vir Namibië kan hierdie naweek bevestig word.
Andrew Poolman
Allister Coetzee, hoofafrigter, het groot verligting en tevredenheid uitgespreek nadat sy Namibiese rugbyspan Woensdagaand in Aix-en-Provence, Frankryk, ’n hardnekkige Zimbabwe oortuigend met 34-19 ondergekry het.

Namibië en Kenia pak mekaar Sondagaand (afskop 21:00, op SuperSport, DStv 231) in die beslissende eindstryd van Rugby Afrika se kwalifiserende toernooi vir die Wêreldbeker.

Die wenner sal tot die 2023 Wêreldbeker deurdring en sal in groep A inskakel – waar die gedugte gasheerspan Frankryk, driemalige kampioene Nieu-Seeland, Italië en Uruguay reeds wag.

Die naaswenner kry ’n baie moeilike tweede kans in die finale kwalifiseringsrondte teen die naaswenners van die ander vastelande, waar spanne soos die VSA of Chili, Portugal en Tonga nog ’n lewendige kans het.

“Ek moet eerlik sê die reaksie van die spelers in die afgelope drie weke waarin ons hierdie veldtog bymekaar gevoeg het, was wonderlik,” het Coetzee gister gesê.

“Ons het geweet ’n goeie begin sou belangrik wees teen ’n Zimbabwe-span wat baie verbeter het. Ons het vroeg in albei helftes uitstekende aanvallende drieë gedruk. Die opbou, die fasespel en die afronding van ons drieë was alles baie bevredigend om te sien.

“Ons vaste fasette moes in die kol wees en teen Zimbabwe se aanvallende vermoëns moes elke man op die verdediging sy kant bring.

“Ek dink die volgende hekkie gaan ewe hard wees. Ons is in ’n uitkloptoernooi en ons onderskat geen span nie. Ons sal weer op ons heel beste moet wees om Kenia te klop.

“Ons sal opnuut moet begin met wat in ons rugby-DNS is – sterk vaste fasette, om goed te dryf, om Kenia se dryfwerk te stop. Ons het aandag gegee aan ons skopspel en die enkele skoppe wat doelloos of buite ons sisteem was. Daar was ook ongedwonge foute wat ons onder druk geplaas het.

“Ons dissipline was baie goed – geen kaarte sover in die toernooi nie, touch wood (klopgeluid) en ons moet dit handhaaf in die finaal”.

Coetzee sê die veteraanslot Pieter-Jan van Lill was die enigste speler wat aan die protokol vir moontlike beserings onderwerp is ná die baie fisieke Zimbabwe-botsing.

“PJ lyk egter reeds baie goed en ek is baie positief dat hy fiks kan wees om vir die eindstryd oorweeg te word.

“Louis van der Westhuizen (wat as haker opgestuur is) is ook heeltemal oraait en is eintlik verkeerdelik van die veld gehaal, aangesien hy nooit deurmekaar was of ’n harde hou teen die kop gekry het nie. Hy was eintlik ontevrede met die beslissing, want hy het nog skaars sewe minute gespeel.”

Drieë deur die vleuels Gerswin Mouton en JC Greyling, flanke Janco Venter en Wian Conradie, asook ’n strafdrie het Namibië die momentum vir ’n oortuigende oorwinning verskaf. Die losskakel Cliven Loubser het een strafdoel en drie doelskoppe bygevoeg.

’n Keerpunt was die strafdrie ná 39 minute toe Zimbabwe ’n Namibiese rolmaalbeweging laat val het, want ’n geel kaart is aan flank Jason Fraser gewys en terwyl hy sy tien minute op die kantlyn uitgedien het, is Venter se verdoelde drie ook bygevoeg om die telling kort ná rustyd tot 21-5 te rek.

Hierteenoor het Namibië se geel kaart (Loubser, ná 74 minute, vir wat die TV-skeidsregter as ’n opsetlike afklap bevind het) veel minder invloed gehad. Zimbabwe het wel ’n drie gaan druk, maar op 34-12 was Johan Deysel se manne toe reeds gans te ver voor.

ANDER SEMIFINAAL

Ondanks Kenia se gunstelingstatus het hy maar broekskeur tot die eindstryd deurgedring en die onderskatte Algerië met 36-33 (rustyd 21-14) in die eerste halfeindstryd geklop.

Algerië se mengsel van ondernemende agterspelers en ’n swaar agttal met ’n doeltreffende dryfmaalspel het Kenia erge kopsere besorg. Beide spanne het vier drieë gedruk.

• Kenia se toetsrekord teen Namibië bevat net twee suksesse uit 12 pogings.

Hul oorwinnings was in 2006 in Nairobi (30-26) en in 2014 in Madagaskar (29-22), maar oor die algeheel handhaaf Namibië ’n gemiddelde wentelling van omtrent 50-18.

• Die Namibiërs se voorspeler-afrigter Pine Pienaar het dié week na Suid-Afrika teruggekeer ná sy vader se afsterwe.

Tydens die TV-uitsending was die kameras verkeerdelik op Allister Coetzee gefokus tydens die verduideliking van die een minuut stilte voor die afskop en die Namibiërs se swart armbande ter meegevoel met “die NAmibiese afrigter”.

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.65/OZ DOWN -0.0097 | Copper US$ 4.73/lb UP +2.79% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +1.04% | Platinum US$ 1 000.84/OZ UP +0.77% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.65/OZ DOWN -0.0097 | Copper US$ 4.73/lb UP +2.79% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +1.04% | Platinum US$ 1 000.84/OZ UP +0.77%