Fees gevier in verre Chengdu
Met ‘n bronsmedalje by die Wêreldspele (The World Games) in Chengdu (China se vierde grootste stad, met meer as 20 miljoen inwoners) het die Namibiese senior manspan in rolskaatshokkie gisteroggend sy deelname op ‘n euforiese hoogtepunt afgesluit. Tipies van verskeie van Namibië se kleiner sportkodes is die beperkte aantal klubs en spelers nie genoeg om sy nasionale spanne te keer om op die wêreldverhoog slaankrag bo sy gewigsklas te lewer nie. Onder afrigterskap van Nadia Schmidt en Trevor Cormack het Namibië gister die bronsfinaal teen Frankryk met 2-1 beklink, nadat hulle vroeër ook groepwedstryde teen Chinese Taipei en die gasheernasie China gewen het. Berig op bladsy 1 van Sport Wrap vandag. KYK: Die oomblik toe die eindfluitjie gister blaas, https://q.my.na/ZC6H
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie