Fantasties, Windhoek Gimmies!
Atletiek
Windhoek Gimnasium het verlede week by die Tukkies-atletiekstadion in Pretoria aan die Tuks Toptienbyeenkoms teen 53 skole meegeding en algeheel agtste teen die room van Suid-Afrika geëindig.
Tuané Silver het met ’n afstand van 15.24 meter in die gewigstoot vir o.19-meisies haar silwermedalje behaal. Sy het die byeenkomsrekord asook haar eie nasionale Namibiese rekord verbeter en so opnuut vir die latere o.20-wêreldkampioenskap in Colombië gekwalifiseer. In die diskusgooi behaal sy die brons.
Dirk Farmer (o.14-seuns) beklink silwer in die 100 meter-naelloop en Karsten Diergaardt (o.17-seuns) eindig derde in die hoogspring vir sy brons.
• Saterdag is die Curro-atletiekbeker by die Pilditch-stadion gehou waar 35 Curro-skole saamgetrek was. Gim se span storm meedoënloos voort na 42 medaljes en behaal 28 nuwe byeenkomsrekords.
Die Windhoekers wen 30 goue, 13 silwer- en een bronsmedalje om met 8 384 punte as kampioenspan bekroon te word. Tuané Silver (o.19-meisies) en Christiaan Burger (o.15-seuns) word as beste veldatlete vir hul gewigstootvertonings aangewys.
Desiré Moolman (o.17-meisies) en Nicholis du Plessis (o.17-seuns) is as die beste baanatlete vir hul oorheersing in onderskeidelik die 200-naelloop en 110 m-hekkies bekroon.
Die o.19-meisies en seuns wen met rekordtye in die 4x100-aflos onderskeidelik silwer en goud.
Windhoek Gimnasium sê: “Ons bedank graag vir Airlink vir hul borgskap wat ons na Suid-Afrika vervoer het. Julle het gehelp om sportstandaarde en vertonings in Namibië te verbeter. Airlink het die atlete ’n wonderlike kans gegee om te groei en te ontwikkel. Die span het spesiale herinneringe van die reis.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie