Erasmus, Loftie-Eaton plaas tuisspan met 2-1 voor
Krieket
’n Onoorwonne vyftigtal deur die nasionale kaptein Gerhard Erasmus in sy eerste behoorlike kolfbeurt ná sy herstel van ’n vingerbesering is goeie nuus vir die nasionale afrigtingspan – tesame met die goeie kolfvertonings van Nicol Loftie-Eaton.
Die Richelieu Eagles (179 vir 4 paaltjies in 33.5 boulbeurte, teen 5.29) het gister by Wanderers-veld die vierde wedstryd van die Castle Lite-eendagreeks met ses paaltjies teen die Ierse Wolwe (178 in 47.3 bb) gewen om die voorsprong met 2-1 te herwin.
Distell Namibië met sy Richelieu-handelsmerk het Donderdag sy borgskap aan Krieket Namibië se nasionale span vir die volgende drie jaar aangekondig.
Gisteroggend het Namibië die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Gareth Delany op nommer ses met 80 lopies was verwoestend met die kolf, aangevul deur die aanvangskolwer Murray Commins met 30.
Graham Hume (20) op agt was die enigste ander Ier wat die Namibiese boulaanval moeite kon trotseer, terwyl niemand van die res meer as 11 kon haal nie.
Jan Frylinck en Ruben Trumpelmann was uiters ekonomies en het elk twee paaltjies laat kantel. JJ Smit, Tangeni Lungameni en Bernard Scholtz het een slagoffer elk bewerkstellig met Smit die ekonomieste teen 2.71 lopies per boulbeurt (bb).
Hoewel Gerhard Erasmus steeds as ’n onderskatte draaibouler spaarsamig gebruik word, was daar niks fout met sy 0/4 in 2 bb nie. Scholtz (3.77 per boulbeurt), Trumpelmann (2.94), Lungameni (3.37) het die wurggreep verstewig om die besoekers met 15 balle oor te stuit.
Die Namibiërs moes teen 3.58 per boulbeurt kolf om 179 vir ’n sege te haal. Met hul aanvangspaar goedkoop terug in die kleedkamer (15/2) in die vyfde boulbeurt, het Nicol Loftie-Eaton (60, 68 b, 10x4, gevang Delany, geboul Michael Frost) en Gerhard Erasmus aangetreë.
Erasmus met 66 nie uit nie (77 b, 5x4, drie sesse) is as speler van die wedstryd aangewys. Malan Kruger (6, 20 b) word uitgevang, maar Smit (27* van 17 b, vier sesse) help voltooi die Eagles se taak.
Stephen Baard (11, 16, 1x4, geboul Frost) en Craig Williams (0, 5 b, gevang McCollum, geboul Graham Hume) het vir die Eagles hul kolfbeurt geopen.
Val van paaltjies: 1/6 (Williams, 1.3 bb), 2/15 (Baard, 4.6), 3/111 (Loftie-Eaton, 23.5), 4/118 (Kruger, 27.5).
Vir die Ierse boulers het Frost (3/39 in 10, 1 leeg) en Hume (1/14 in 6, 1 leeg teen 2.33) sukses behaal.
Die besoekers staan 9 ekstras (5 wydlopers) af om die totaal op net 179 (3.74 per boulbeurt) te staan te bring.
WOLWE-TELKAART
1 James McCollum (13 lopies, 30 balle, 1x4, gevang JJ Smit, geboul Ruben Trunpelmann).
2 Murray Commins (30, 56 b, 3x4, gevang Nicol Loftie-Eaton, geboul Jan Frylinck).
3 Jeremy Lawlor (0, 2 b, gevang Lo-han Louwrens †, geboul Smit).
4 Stephen Doheny (10, 21 b, 1x4, uitgehardloop Craig Williams/Louwrens †).
5 Shane Getkate (3, 12 b, gevang Stephen Baard, geboul Tangeni Lungameni).
6 Gareth Delany (81, 77 b, 7x4, 4x6, gevang Williams, geboul Trumpelmann).
7 Neil Rock (11, 32 b, geboul Bernard Scholtz).
8 Graham Hume (20, 43 b, uitgehardloop Gerhard Erasmus).
9 Fionn Hand (3, 8 b, uitgehardloop Lungameni/Louwrens †).
10 Ben White (0, 1 b, geboul Frylinck).
11 Michael Frost (0*, 3 b).
Totaal 178/10 (ekstras 7, met 5 wydlopers)
Val van paaltjies: 1/28 (McCollum, 7.6 bb), 2/28 (Lawlor, 8.2), 3/46 (Doheny, 14.5), 4/57 (Getkate, 19.6), 5/58 (Commins, 20.1), 6/87 (Rock, 27.6), 7/150 (Hume, 41.6), 8/161 (Hand, 44.2), 9/161 (White, 44.3), 10/178 (Delany, 47.3).
Die Eagles-boulers Frylinck (2/46 in 10 bb), Trumpelmann (2/25 in 8.3, 1 leeg), Smit (1/19 in 7, 1 leeg), Lungameni (1/27 in 8) en Scholtz (1/34 in 9, 1 leeg) het die Ierse kolwers gekasty.
• Die vyfde en laaste wedstryd van die eendagreeks is môre vanaf 09:30 by Wanderers.
Nadat een wedstryd weens nattigheid op die veld nie gespeel konm word nie, het Ierland Vrydag die reekstelling gelykop gemaak met hul sege van vyf paaltjies. Namibië kon net 161 aanteken (Nicol Loftie-Eaton 65 van 100 balle) en kon nie keer dat Gareth Delany hom vir 72 lopie ingrawe nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie