Een Namibiër begin vir San Clemente Rhinos
Rugby
Vir ’n enkele Namibiër sal Saterdag se rugbywedstryd in die Hage Geingob-stadion ’n geleentheid wees om teen die Windhoek Draught Welwitschias ’n indruk op die Namibiese keurders te maak.
Wynand Breytenbach is as nommer 4-slot vir die San Clemente Rhinos in die beginspan vir hul Mzansi-uitdaagreekswedstryd teen die Namibiërs.
Die gewese Namibiese o.20-agtsteman en oudkaptein van Walvisbaai Privaatskool het ná skool ’n junior kontrak by die Blou Bulle gehad, onder meer saam met sy landgenote Denzo Bruwer, Prince !Gaoseb, Gerswin Mouton, Oderich Mouton en Adriaan Ludick.
Sy twee o.20-jare was toevallig besonder vrugbare oesjare vir Namibië en vele spelers van dié tydperk is nou in die piekjare van hul loopbaan en het reeds in Namibiese spanne deurgebreek. Sy skoolmaat Patrick Schickerling (Exeter Chiefs en Engeland) kan ook in dié geselskap genoem word.
By die 2018 Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi in Boekarest was Breytenbach onder meer ’n driedrukker in die verrassend indrukwekkende openingsege met 55-26 teen die gasheerspan Roemenië.
Deesdae speel hy nog klubrugby vir NTK (Noordelikes Tygerberg Kollege) in die Kaap, meestal as agtsteman.
Breytenbach het aan Republikein gesê hoewel hy ietwat uit posisie as ’n slot gekies is, wil hy baie graag ’n vertoning lewer om homself vir die Wêreldbeker later vanjaar in aanmerking te bring.
“Dis my eerste aansluiting by die Rhinos en ek het nie in enige van hul vorige twee wedstryde gespeel nie (verloor teen SWD Arende en klop Kenia Simbas). Ek wil hard probeer om vir die Wêreldbeker in aanmerking te kom.”
Die San Clemente Rhinos (teen Welwitschias):
1 Ruan Grundelingh
2 Lars Linnenbank
3 Alex Pradillo Macias
4 Wynand Breytenbach
5 JJ Scheepers
6 David Hernandez Nunez
7 Shamall Schoonmaker
8 Luke Thompson
9 Andres Rodriguez Ramos
10 Jack Hart
11 Akuila Koloamatangi
12 Brock Gallagher
13 JC Conradie
14 Franco Guerrero
15 Jack Gray
Reserwes: 16 Mizael Loreta Reta, 17 Godfrey Neeta, 18 Jayson Jackson, 19 Shikupule Chipungu, 20 Jake Cassidy, 21 Danny Mokhoabane, 22 Enrique Carmona Fiorentini, 23 Carson O'Donnell.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie